Vexatorella is 'n struikgenus wat hoort tot die familie Proteaceae en bevat vier spesies. Die genus is inheems aan die Kaapse floraryk. Die naam beteken klein moeilikheidmaker na aanleiding van die aanvanklike moeite om V. latebrosa in die familie te plaas. Al vier die spesies is struike wat in droë fynbos habitatte op die rand van die Sukkulente Karoo aangetref word. Die bloeiwyse is soortgelyk aan die van die leucospermums maar het ook kenmerke van die leucadendrons met die vorming van die houtagtige saaddoppie na bestuiwing.[1] Die blomme word deur insekte bestuif en die sade word versprei deur die werking van miere.[2]

Vexatorella
Vexatorella amoena Rebelo 1.jpg
Vexatorella amoena, foto: Tony Rebelo
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Rourke, 1984
Spesies
Sien teks

SpesiesWysig

VerwysingsWysig

  1. Paterson-Jones, Colin (2007). Protea. Struik. p. 32. ISBN 9781770075245.
  2. "Vexatorella". Protea Atlas Project: Vexators (in Engels). South African National Biodiversity Institute. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2016. Besoek op 20 Mei 2013.