Vlag van Senegal

Die nasionale vlag van Senegal is op 20 Augustus 1960 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in ewe wye bane (van links na regs) groen, geel en rooi met ’n vyfpuntige groen ster in die middel van die geel baan.

Vlag van Senegal
Vlag van Senegal
Vlag van Senegal
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 20 Augustus 1960
Ontwerp ’n Vertikale driekleur in groen, geel en rooi met ’n groen ster in die middel van die geel baan.

Simboliek

wysig

Die kleure op die vlag is die Pan-Afrika kleure en wys op die land se solidariteit met ander Afrikalande. Groen stel hoop en vrugbaarheid voor en is ook die kleur van Islam, geel stel rykdom voor en dit is ook die kleur van die kunste, literatuur en intellek, rooi roep die bloed wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid in herinnering, die ster stel die hemelruim (en daarmee saam die spirituele waardes van die nasie) voor (die vyf punte van die ster simboliseer die opening van Senegal se deure aan die vyf kontinente) en die kleur van die ster simboliseer die hoop van die onafhanklikheid van die Republiek van Senegal gebring het.[1]

Ontwerp

wysig

Die ontwerp van die vlag is ontleen aan die vlag van Frankryk, waarskynlik omdat Senegal vroeër ’n Franse kolonie was. Die vlag van die Mali-Federasie is op 4 April 1959 aanvaar toe Senegal en Mali saam op ’n federasie besluit het. Die vroeëre vlag was dieselfde, behalwe dat die geel baan ’n swart stokmannetjie, kanaga, met arms opgehef na die hemel gehad het. Nadat Senegal die federasie verlaat het, het hulle die kanaga vervang met ’n groen ster.

Die vlag het onveranderd gebly ten tyde van die Senegambiaanse Konfederasie van 1982 tot 1989.

Ander vlae

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Senegal" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2000. Besoek op 24 Maart 2020.

Eksterne skakels

wysig
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.