Vlag van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
Die nasionale vlag van die Sentraal-Afrikaanse Republiek is op 1 Desember 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vier ewe wye vertikale bane in (van bo na onder) blou, wit, groen en geel met ’n rooi horisontale (so wyd soos die ander vier bane) reg in die middel van die vlag en ’n geel vyfpuntige ster in die skildhoek in die blou baan..
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 1 Desember 1958 |
Ontwerp | Vier horisontale bane in blou, wit, groen en geel met ’n rooi vertikale baan in die middel van die vlag en ’n geel ster in die blou baan in die skildhoek. |
Ontwerp deur | Barthélemy Boganda |
Simboliek
wysigDie kleure van die vlag spreek die hoop uit dat Frankryk en Afrika saam aan ’n toekoms kan bou. Die vlag kombineer die kleure van die Franse vlag (rooi, wit en blou) met die Pan-Afrika kleure (rooi, geel en groen). Verder stel rooi die bloed voor van diegene wat gesterf het in die stryd om onafhanklikheid asook saam met Frankryk en Europa, blou stel die lug, en daarom vryheid, voor, wit stel vrede en waardigheid voor, groen stel hoop voor en geel stel verdraagsaamheid voor. Die ster is ’n simbool van vooruitgang en die eenheid van Afrika.[1]
Ontwerp
wysigDie vlag is ontwerp deur die president van die voormalige Franse gebied, Oubangui-Chari, Barthélemy Boganda, wat ook die land tot onafhanklikheid van Frankryk gelei het.
Kleure
wysigDie kleurskema word hieronder gelys:
Blou | Wit | Groen | Geel | Rooi | |
---|---|---|---|---|---|
RGB | 0/48/130 |
255/255/255 |
40/151/40 |
255/206/0 |
210/16/52
|
Heksadesimaal | #003082ff |
#FFFFFFFF |
#289728ff |
#ffce00ff |
#d21034ff
|
CMYK | 100/63/0/49 |
0/0/0/0 |
74/0/74/41 |
0/19/100/0 |
0/92/75/18
|
Ander vlae
wysig-
Standaard van keiser Bokassa I, vanaf 1976 tot 1979 vlag van die Sentraal-Afrikaanse Keiserryk
-
Standaard van die President van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
Verwysings
wysig- ↑ (en) Sentraal-Afrikaanse Republiek by Flags of the World. URL besoek op 25 Maart 2019.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. |
- (en) Sentraal-Afrikaanse Republiek by Flags of the World.
- (en) "Flag of the Central African Republic". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |