Vlaktetolbos
Die vlaktetolbos (Leucadendron floridum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op die Kaapse Vlakte, vanaf Rondebosch tot by Kuilsrivier en ook in die Kaapse Skiereiland rondom die meeste vleie. Dit het 'n voorkomsgebied van 24 km² en daar is twee bevolkings. Die spesie word bedreig deur onwettige versamelaars, onbeheerde brandbestuur en indringerplante.
Vlaktetolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. floridum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron floridum R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Die struik word 2 m hoog en dra blomme van September tot Oktober. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val uit die tol na die grond en kan deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Bestuiwing vind deur die wind. Die plant groei hoofsaaklik in waterversadigde grond op 10-200 m.
In Engels staan dit as die Flats Conebush bekend.
Galery
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlaktetolbos.