Volksbevrydingsleër
Die Volksbevrydingsleër is die gewapende magte, of weermag, van die Volksrepubliek China.
中国人民解放军 | |
---|---|
Embleem van die Chinese Weermag
| |
Gestig | 1 Augustus 1927 |
Land | Volksrepubliek China |
Tipe | Weermag |
Spesialisasie | Grondoorlogvoering Artilerie-oorlogvoering Lugmag Vloot |
Hooftitel | Hoof van die generale staf |
Hoofnaam | Generaal Fang Fenghui |
Aantal lede | 2 300 000 (2015)[1] |
Diensplig | Ja, maar word nie afgewing nie |
Reserwe | ~8 miljoen |
Paramilitêr | 660 000 |
Minimum ouderdom | 18 jaar |
Jaarbegroting | € 95,5 miljard[2] |
% van BBP | 1,3%[2] |
Dit is die grootste weermag ter wêreld (volgens lede) met die tweede grootste begroting.
Die Volksbevrydingsleër bestaan uit vyf professionele dienstakke:
- Grondmagte van die Volksbevrydingsleër (850 000 manskappe in 2013)
- Spesiale eenhede van die Volksbevrydingsleër (geskat op 7 000 tot 14 000 manskappe in 2008)
- Lugmag van die Volksbevrydingsleër (398 000 manskappe in 2013)
- Vloot van die Volksbevrydingsleër (235 000 manskappe in 2013)
- Vuurpylmag van die Volksbevrydingsleër
- Strategiese Ondersteuningsmag van die Volksbevrydingsleër
In oorlogstyd kan die weermag versterk word met manskappe van die:
- Gewapende Volkspolisie wat as ligte infanterie sou ontplooi word. (Amptelik 660 000 manskappe in 2006)
- Burgermag van die Volksbevrydingsleër wat as reserwe dien. (Volgens beraming ongeveer 8 000 000 manskappe in 2010)
Eenhede word aan een van vyf teaterbevelstrukture toegedeel volgens hul geografiese ligging in die land.
Verwysings
wysig- ↑ "China gaat in leger snijden: 300.000 soldaten minder" (in Nederlands). NRC. 3 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2016. Besoek op 3 Januarie 2020.
- ↑ 2,0 2,1 "China boosts defense spending as military modernizes arsenal" (in Engels). Bloomberg News. 2 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2015. Besoek op 14 Desember 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |