Voorgelegen
Die huis Voorgelegen in Dorpstraat, Stellenbosch is tot gedenkwaardigheid verklaar.[1]
Ligging
wysigDie huis in die Georgiaanse boustyl is by Dorpstraat 116, regoor La Gratitude, 33° 56′ 21″ suid en 18° 51′ 30″ oos.[1]
Geskiedenis
wysigDie grond waarop die huis staan was deel van die plaas De Nieuwe Molen wat in 1750 deur die VOC aan die landdros en heemrade van Stellenbosch toegeken is. Toe die grond in 1796 in dorpserwe onderverdeel word, koop Johannes Victor dié perseel en bou ‘n tipiese Kaaps-Hollandse huis in die H-vorm met ‘n rietdak. In 1875 was daar weer ‘n verwoestende brand in die dorp. Die vermoede is dat daar toe weggedoen is met die rietdak, ‘n tweede verdieping op die huis aangebring is en met behoud van die H-uitleg ‘n Georgiaanse uiterlik gegee is. Met die 300-jarige bestaan van die dorp het die administrateur van die Kaapprovinsie die huis aan Stellenbosch geskenk. Daarna is dit eers as museum en later as kantore gebruik.
Oorblyfsels
wysigEen van die mooi oorblyfsels uit die oorspronklike huis is die groot Bataafse vloerteëls, wat oorhoeks gelê is, in die voorhuis. Sekere van die deure en plafonne is ook nog die oorspronklike. Treffend is die gietysterrelings langs die trap. In die tuin wat na die meulstroom lei, staan van die oudste en grootste bome in die dorp.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "Voorgelegen". www.stellenboschheritage.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2023. Besoek op 9 Julie 2024.
Bronnelys
wysig- Fransen, Hans: Discover historical Stellenbosch. Kaapstad: HAUM, 1979. ISBN 0-7986-0366-6
- Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. ISBN 1-86842-191-0