Vrahovice
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Vrahovice is 'n nedersetting in die administratiewe streek Olomouc van die Tsjeggiese Republiek, naby Prostějov waaraan dit administratief as stadsdeel behoort. Dit het ongeveer 3400 inwoners. Die dorp is in 1337 vir die eerste keer in die literatuur vermeld.
Vrahovice | |
---|---|
Dorp | |
Sint Bartholomeüs Kerk in Vrahovice | |
Koördinate: 49°28′51″N 17°08′54″O / 49.48083°N 17.14833°O | |
Land | Tsjeggië |
Region | Olomoucký kraj |
Distrik | Okres Prostějov |
Munisipaliteit | Prostějov |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,22 km2 (2,4 vk. myl) |
Hoogte | 215 m (705 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 402 |
• Digtheid | 547/km2 (1 417/vk. myl) |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
Poskode | 798 11 |
Webwerf | vrahovice.eu |
Die musikante Zdeněk Tylšar en Bedřich Tylšar is in die dorp gebore en die taalkundige dr. František Kopečný het vir baie jare daar gewoon. Die sokkerspeler Rostislav Václavíček is in Vrahovice gebore en hy het vir die plaaslike span aan die begin van sy loopbaan sokker gespeel.
In Vrahovice is daar baie klubs soos die atletiekvereniging Sokol, Vereniging van Vryewillige Brandweermanne, Spolek za staré Vrahovice, ens.