Vyfster
TV-reeks
Vyfster was 'n Afrikaanse televisiedrama wat van 1982 deur die SAUK uitgesaai is. Die regisseur was Regardt van den Bergh terwyl Johann Potgieter die draaiboek geskryf het. Die TV-reeks speel in 'n tronk af en handel oor die wel en wee van die gevangenes en tronkbewaarders. Die rolprent Skollie was vrygestel tussen seisoen 1 en 2. Dit is later opgevolg met die rolprent, getiteld Vyfster: die slot (1985). Baie mense was ontstoke oor die TV-reeks se stomp einde.
Vyfster | |
Genre | Drama |
---|---|
Geskryf deur | Johann Potgieter |
Geregisseer deur | Regardt van den Bergh |
Aangebied deur | SAUK |
Met | George Ballot At Botha Paul Eilers Danie Joubert Patrick Mynhardt Emgee Pretorius Pierre Knoessen Tromp Terre’blanche Carel Trichardt Marius Weyers |
Temamusiekkomponis | Lloyd Ross |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Aantal seisoene | 2 |
Aantal episodes | 14 |
Produksie | |
Venue(s) | Pretoria |
Produksiemaatskappy | SAUK |
Uitsending | |
Eerste lopie | 1984 |
Kronologie | |
Opgevolg deur | Vyfster: die slot (1985) |
Die kenmerkende temawysie van die program is deur die Suid-Afrikaner Lloyd Ross geskryf en opgevoer.[1]
Akteurs
wysigVan die akteurs wat hierin verskyn het is:
- Emgee Pretorius as Priester, die bendelid
- George Ballot as Skollie Williams, 'n gevangene
- Patrick Mynhardt as Pappa, die bendebaas
- Danie Joubert as Hendrik le Roux, 'n gevangene
- At Botha as Sersant Theuns Gerber, 'n bewaarder
- Paul Eilers as Polka, gevangene en bendelid
- Pierre Knoessen as Gerrie Prinsloo, 'n bewaarder wat deur Polka gemanipuleer word. In die tweede seisoen is Prinsloo 'n gevangene.
- Tromp Terre’blanche as Oubaas
- Marius Weyers as Tiger Blom
- Rod Alexander as Gabba, Priester se handlanger
- Carel Trichardt as die Kolonel, die hoof van die gevangenis
- Bettie Kemp as die Welsynsbeampte
- en andere.
Eksterne skakels
wysig- ↑ Afrikaanse treffers 1983: Vyfster - Lloyd Ross | Maroela Media