Walahone
Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer. |
Die Walahone was 'n adellike familie, wat veral in die 9de eeu in die Middelryn-gebied hertogelike ampte gehou het. Hul belangrikheid lê veral in hulle verwantskap met die Robertyne, die Konradyne en die Saliërs, en hulle het as 'n skakel tussen hierdie vooraanstaande families van die middeleeue 'n rol gespeel.
In die jare 842 en 902 word hertoë met die naam Walaho genoem wat in die Nahegau, Niddagau, Speyergau en Wormsgau, ampte gehad het. Dit is egter nie bekend na hoeveel persone hier verwys word nie.
Walaho IV
wysigDie bekendste lid van die familie is Walaho IV († voor 891). Hy was met Oda, Robert III se dogter (van die Robertyne) getroud. Walaho het die opvolger van Robert (oorlede voor 834), en sy seuns, Guntram († 837) en Robert die Dapper in die Wormsgau geword, toe die laasgenoemde sy aktiwiteit na die Wes-Frankiese Koninkryk verplaas het.
'n Moontlike dogter van Walaho en Oda was Wiltrud, wat die konradynse Eberhard (oorlede 902/903) getrou het. Eberhard was graaf/hertog van die Niederlahngau en Ortenau, asook die oom van die latere Duitse koning Konrad I. 'n Dogter van Wiltrud en Eberhard is, op haar beurt, die vrou van die graaf/hertog van die Wormsgau, Werner, wat die eerste lid van die Saliërs is wat genoem word.
Walaho-Meingaud
wysigNog 'n Walaho word genoem in die jaar 891/902. Hy was die vader van 'n graaf Burkhard, wat in 905 vir Gisela, die weduwee van Meingaud († 892) getrou het. Meingaud was graaf/hertog in Maienfeld en in Wormsgau. Beide lande het in Burkhard se besit oorgegaan.[1]
Stephan
wysigUit dieselfde tydperk is nog 'n derde Walahone bekend, graaf Stephan, een van die ondersteuners van die keiser Arnolf van Karintië in Lotaringe. Hy was egter ook in die verset teen Arnolf se seun Zwentibold betrokke. Hy op 13 Augustus 900 een van diegene wat Zwentibold in 'n veldslag gedood het. Twee jaar later, einde 901, is Stephan self op 'n gewelddadige manier dood.
Verwantskap
wysigIn die algemeen word dit aanvaar dat die Walahone naby aan die familie van die Saliërs was, die presiese verwantskap/verhouding is egter nie duidelik nie. As redes word aangegee:[2]
- Die Saliërs en die Walahone het in die dieselfde gebiede, die hertogsregte uitgeoefen
- In die jaar 900 word 'n Walaho as ab in die Saliese klooster van Hornbach genoem.
- Die Saliërs het die ampte en besittings van die Walahone oorgeneem.
Literatuur
wysig- Winfried Dotzauer: Geschichte des Nahe-Hunsrück-Raumes von den Anfängen bis zur Französischen Revolution, Seite 72f
- Donald C. Jackman: The Konradiner: A Study in genealogical methodology, 1990
- Donald C. Jackman: Ius hereditarium Encountered, Part I: The Meingaud-Walaho Inheritance, Archive for Medieval Prosopography, Oktober 2007, Teil II und III in Vorbereitung
- Thilo Offergeld: Reges pueri. Das Königtum Minderjähriger im frühen Mittelalter.
- Hermann Schreibmüller: Die Ahnen Kaiser Konrads II. und Bischof Brunos von Würzburg, in: Herbiopolis Jubilans. 1200 Jahre Bistum Würzburg, S. 201