Warskou Chopin-lughawe
Warskou se internasionale Chopin-lughawe (Pools: Lotnisko Chopina w Warszawie) is sowat tien kilometer suidwes van die middestad naby die nedersetting Okęcie geleë. Die lughawe, wat deur Polish Airports State Enterprise bestuur word, is die grootste in Pole (behalwe vir Warskou hanteer Kraków se lughawe ook internasionale vlugte na en vanaf Pole). Die nasionale lugredery LOT Polish Airlines het hier sy tuishawe en gebruik die lughawe ook as 'n spilpunt. In 2013 het die lughawe 10,7 miljoen passasiers gehanteer - 'n styging van 11,4 persent teenoor die vorige jaar.[1]
Warskou Chopin-lughawe Lotnisko Chopina w Warszawie | |||
---|---|---|---|
IATA: WAW – ICAO: EPWA | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar / Militêr | ||
Operateur | Polish Airports State Enterprise (PPL) | ||
Bedien | Warskou, Pole | ||
Ligging | Okęcie | ||
Geopen | 1934 | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 110 m / 361 vt | ||
Koördinate | 52°09′57″N 20°58′02″E / 52.16583°N 20.96722°O | ||
Webtuiste | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
11/29 | 2 800 | 9 186 | Teer |
15/33 | 3 690 | 12 106 | Teer |
Statistieke (2019) | |||
Passasiers | 18 860 000 | ||
Lugbewegings | 118 320 | ||
Statistiek: Warskou Chopin-lughawe[1] Bron: ACI Europe[2] |
Daar is onder meer daaglikse vlugte na en vanaf Berlyn, Londen, New York, Chicago en Montreal en regstreekse vlugte na Vilnius, Minsk en Riga asook bestemmings in vroeëre Sowjetrepublieke. Laekostelugrederye soos Ryanair, EasyJet en Wizz Air bied vlugte na Londen-Luton en Londen-Stansted aan.[3]
Die lughawe, wat in 1934 as Lughawe Warskou-Okęcie geopen is, het voor die Tweede Wêreldoorlog, waartydens dit byna volledig vernietig is, ook as militêre lugbasis gedien. Ná die oorlog is dit herbou en in 2001 na die Pools-Franse komponis Frédéric Chopin vernoem. Treine en snelbusse verbind die lughawe met die Warskouse middestad.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Żuchlińska, Anna (8 Januarie 2013). "Statistics. Year 2012 in the Polish sky" (in Pools). Pasazer. Besoek op 28 September 2013.
- ↑ "ACI EUROPE Airport Traffic Report. December, Q4 and Full Year 2015" (PDF). Pr.euractiv.com. Besoek op 28 Augustus 2016.
- ↑ Polish Tourist Organization: Poland - Guide for Tourists. Londen: Insight Guides 2010, bl. 372
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |