Waterstofselenied
Waterstofselenied is 'n verbinding van waterstof en seleen in sy -2 oksidasietoestand en formule H2Se. Die soute word seleniede genoem.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Waterstofselenied |
Chemiese formule | H2Se |
Molêre massa | 80.987 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7783-07-5[1] |
Dipoolmoment | 0,24 D [2] |
Reuk | Baie onwelriekend |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -65,73 °C[1] |
Kookpunt | -41,3 °C[1] |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | 270 ml/100 ml (@22,5 °C)[1] |
Dampdruk | 878 kPa (@21 °C)[1] |
ΔfHɵ | -26,4(0,1) kJ/mol [2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 1ste: 3,9 [3]; 2de: 15[2] |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n toksiese, brandbare en baie onwelriekende gas wat oplosbaar is in water en 'n matig sterk suur is.
In die liggaam
wysigDie stof speel 'n sleutelrol in die sintese van seleenhoudende proteïene. Dit kom in spoorhoeveelhede in die menslike liggaam voor as sy gekonjugeerde basis HSe−, die waterstofseleniedioon. Die liggaam kan 'n oorskot van die stof op twee maniere uitskei: deur vorming van selenosuikerverbindings wat in die urine uitgeskei word, of deur reaksie met S-adenosielmetionien (SAM) wat die vlugtige dimetielselenied oplewer wat uitgeasem word:[3]
Gebruike
wysigH2Se word óf as 'n reduseermiddel gebruik óf vir addisie aan onversadigde molekules. Dit word as reagens in organiese reaksies gebruik, bv. in invoeging in 'n nitril met funksionele groep -C≡N (sianied) wat 'n seleenamied -CSeNH2 oplewer. Dit reageer ook met karbodiïmiede en vorm 'n selenoüreum. Disikloheksielkarbodiïmied word soms gebruik om 'n stof te verkry wat met radioaktiewe 75Se gemerk is.[2]
Reaksie van die suur met 'n oplossing van natriumhidroksied lewer natriumwaterstofselenied, wat ook as reagens gebruik word:
Natriumwaterstofselenied is 'n kristallyne vastestof wat makliker en veiliger is om as reagens te gebruik as die toksiese en onwelriekende gas self. Die gas kan indien nodig in situ gevorm word deur hidrolise van seleniede soos aluminiumselenied Al2Se3.[2]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "msds". GuideChem. Besoek op 13 September 2023.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Ho, Peter C., Wang, Jin and Vargas-Baca, Ignacio. (2019). "8. Reagents that Contain Se-H or Te-H Bonds". Selenium and Tellurium Reagents: In Chemistry and Materials Science. Berlin, Boston: De Gruyter. pp. 301–314. doi:10.1515/9783110529340-008.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 Turner D. Newton and Michael D. Pluth (2019). "Development of a hydrolysis-based small-molecule hydrogen selenide (H2Se) donor". Chem. Sci. 10: 10723.