Blousuur
chemiese verbinding
(Aangestuur vanaf Waterstofsianied)
Blousuur of waterstofsianied is 'n chemiese verbinding met formule HCN. Sy soute heet sianiede en die suur behoort tot die pseudohalogeenfamilie en kan gesien word as die suur van sianogeen.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Blousuur |
IUSTC-naam | Waterstofsianied |
Chemiese formule | HCN |
Molêre massa | 27 [g/mol] |
CAS-nommer | 74-90-8[1] |
Voorkoms | Kleurlose gas, ligblou vloeistof |
Reuk | Bittere amandelreuk |
Reukdrempel | 2-10 dpm[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -13,3 °C[1] |
Kookpunt | 26 °C[1] |
Digtheid | 0,94 (rel lug)[1] |
Oplosbaarheid | Oplosbaar in water[1] |
Henry se konstante | 10 [L/mol.atm] 5000 [K][2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 9,2 |
Veiligheid | |
Flitspunt | -18 °C[1] |
Selfontbrandingspunt | 538 °C[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Gebruik
wysigBlousuur is baie giftig en word gebruik as insek- en knaagdierdoder. Dit word ook gebruik om sintetiese vesels en kleurstowwe te vervaardig.[1]
Gevare
wysigIn aanwesigheid van amines, hidroksiede asetaldehide of metaalsianiede of bo 184 °C kan die stof eksplosief polimeriseer.
Inaseming kan by 'n konsentrasie van 270 dpm dodelik wees.