Watsonia amabilis
Watsonia amabilis is 'n plant wat tot die genus Watsonia behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf die Paarl tot by Sir Lowryspas. Die plant was as uitgesterf beskou maar is herontdek op 'n plaas naby Stellenbosch. Die plant het sy habitat verloor as gevolg van stedelike ontwikkeling en landbou aktiwiteite. Dit word ook verder bedreig deur brande en indringerplante.
Watsonia amabilis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Watsonia |
Spesie: | W. amabilis
|
Binomiale naam | |
Watsonia amabilis Goldblatt, (1989)
|