Werkwoordstyd in Afrikaans
Die werkwoordstyd of tempus /tɛmpus/ (Latyn vir "tyd"; meervoud: tempora /tɛmpɔra/) handel oor watter tyd of tydsfase uit die oogpunt van die spreker of skrywer 'n gebeurtenis plaasvind. Dit word dan ook hoofsaaklik uitgedruk deur die werkwoord. Dit vorm 'n belangrike deel van die Afrikaanse taalleer.
Tydvorme
wysigAfrikaans, Engels en Duits
Afrikaans | Engels | Duits |
---|---|---|
Onvoltooide teenwoordige tyd[1] | Simple present tense | Präsens |
Voltooide teenwoordige tyd[1] | Present perfect tense | Perfekt |
Onvoltooide verlede tyd[1] | Simple past tense | Präteritum |
Voltooide verlede tyd[1] | Past perfect tense | Plusquamperfekt |
Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd[1] | Simple future tense | Futur I |
Voltooide teenwoordige toekomende tyd[1] | Future perfect tense | Futur II |
Onvoltooide verlede toekomende tyd[1] | Conditional present | Konjunktiv II met Futur I |
Voltooide verlede toekomende tyd[1] | Conditional perfect | Konjunktiv II met Plusquamperfekt |
Let wel: Bogenoemde tabel is deur D.J. Potgieter[1] uit die Nederlandse tydvorme (Afrikaans se stamtaal) aangepas om vertaling in en uit Afrikaans met ander Wes-Germaanse tale en tydvorme te vergemaklik. Afrikaans se Voltooide teenwoordige tyd en onvoltooide verlede tyd word in der waarheid net soos in Suid-Duits, Frans, Italiaans, Spaans en Portugees as 'n geheel behandel (die Romaanse tale beskik wel oor 'n bykomende literêre verlede tyd).
Die werklike indeling lyk dus so:
Afrikaans | Engels | Duits |
---|---|---|
Onvoltooide teenwoordige tyd | Simple present tense | Präsens |
Voltooide teenwoordige en onvoltooide verlede tyd |
Present perfect tense | Perfekt |
Simple past tense | Präteritum | |
Voltooide verlede tyd | Past perfect tense | Plusquamperfekt |
Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd | Simple future tense | Futur I |
Voltooide teenwoordige toekomende tyd | Future perfect tense | Futur II |
NOTA: Die voltooide teenwoordige tyd, die onvoltooide verlede tyd en die voltooide verlede tyd het almal in die bedrywende (aktiewe) vorm saamgesmelt en toon oënskynlik slegs een gemerkte verledetydsvorm, dié van die voltooide teenwoordige tyd. So gebruik hulle almal bv. "het gesien". Tog verskil die voltooide verlede tyd se lydende vorm (passief) opmerklik van die voltooide teenwoordige tyd en die onvoltooide verlede tyd s'n ("was" word hier gebruik, nie "is" nie). Dit is daarom onjuis om aan te voer dat tempusverlies (verlies van tydsvorm) by die voltooide verlede tyd heeltemal plaasgevind het. Die voltooide verlede tyd word om hierdie rede in die tabel hierbo afsonderlik aangedui.
Historiese teenwoordige tyd (praesens historicum)
wysigBELANGRIK: Bywoorde van tyd beïnvloed die gebruik van tyd in sinne. Reeds, toe en al word dikwels gebruik saam met 'n werkwoord in die teenwoordige tyd om die verlede tyd aan te dui. Dit verkort die sinne heelwat. Een voorbeeld is Toe sien ek hom wat presies dieselfde beteken as Toe het ek hom gesien.[2]
- As die tyd van die handeling reeds in die eerste sin van byvoorbeeld 'n paragraaf in die verlede tyd aangedui is, het die skrywer nie nodig om enduit woorde in die verlede tyd te stel nie. Die skrywer kan dan, met die uitsondering van was, alle werkwoorde in die teenwoordige tyd aandui en bywoorde van tyd in die verlede tyd uitdruk.[2]
Byvoorbeeld:
- (af) Ek het op die sypaadjie gestaan. Toe kom die motor vinnig om die draai en ry vas teen die lamppaal. Daar was 'n harde slag. Ek draai om. 'n Konstabel stap oor van die anderkant van die straat en kyk na die motor en die insittendes. Toe draai hy na my. Hy vra: "Het u die ongeluk gesien?" Toe sê ek nee, ek het na die winkelvenster gekyk.[2]
- (en) I was standing on the pavement. Then the car came rapidly round the corner and rode slap into the lamppost. There was a loud noise. I turned around. A policeman stepped over from the other side of the street and looked at the car and its occupants. The he turned to me. He asked: "Did you see the accident?" Then I said no, I was (or had been) looking at the shopping window.[2]
Die historiese teenwoordige tyd kom algemeen in Afrikaans voor, veral in verhale. Iets wat in die verlede gebeur het, word beskryf asof dit pas gebeur, m.a.w. die vorm is dié van die teenwoordige tyd, maar die betekenis dié van die verlede tyd. Dit word gebruik om die realisme van die verhaal te verhoog.[3]
- Ek neem toe my boeksak, pak my boeke in, groet vir Moeder, en stap skool toe. Toe ek daar kom, sien ek dat die klok reeds gelui het en ek laat was.
Die onderstreepte sinsdeel toon 'n voltooide verlede tyd (die klok het reeds gelui voordat die spreker/verteller by die skool aangekom het) binne die historiese teenwoordige tyd. Die sien is reeds 'n wenk dat die spreker die klok nie gehoor het nie, maar byvoorbeeld op 'n verlate skoolterrein afgekom het, of gesien het die leerders staan reeds in hul rye. Het daar egter gestaan,
- ...Toe ek daar kom, lui die klok en ek stap vinnig by die hek in
wyk die verlede tyd nie af nie. Die spreker/verteller is steeds betyds.
Omskakeling van bedrywende na lydende sinne
wysigLW: die onderstaande tabelle fokus alleen op die werkwoord:
Onvoltooide teenwoordige tyd, bedrywend:
- Ek koop (die huis).
Onderwerp werkwoord (voorwerp)
Onvoltooide teenwoordige tyd, lydend:
Ruweg omgekeer:
- (die huis) word gekoop deur my.
(voorwerp) werkwoord Onderwerp
Beter uiteengeset (werkwoord aan die einde):
- (die huis) word deur my gekoop.
(voorwerp) (hulp)werkwoord Onderwerp werkwoord
Passiewe
wysigLet wel: eenvoudige passiewe (lydende vorme) in die onvoltooide teenwoordige tyd kan op twee maniere uitgedruk word:
Uit die bedrywende vorm...
- Die wolf byt die hond.
...is die volgende lydende vorme korrek:
- Die hond word gebyt deur die wolf.
- Die hond word deur die wolf gebyt.
Wes-Germaanse tydstabelle
wysigVorgangspassiv en Zustandspassiv
wysigIn onderstaande tabelle word 'n vergelyking gemaak tussen Afrikaans, Duits, Nederlands en Engels. By Duits en Afrikaans wil dit voorkom of daar twee passiewe is wat gedeel word.
- Die Vorgangspassiv – verwys na die passief wat klemlê op die proses (dikwels aangedui deur -word).
- Die Zustandspassiv – verwys na die passief wat klemlê op die resultaat (van die proses) (dikwels aangedui deur -wees)
Dit wil ook voorkom of die veronderstelde Zustandspassiv in Nederlands en Engels afwesig is.
Onvoltooide teenwoordige tyd
wysigIn Bedrywende/Aktiewe vorm (Präsens, Onvoltooide teenwoordige tyd, Simple present tense) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sien[1] | ich sehe | ik zie | I see |
jy sien[1] | du siehst | jij, je ziet | you see |
hy, sy, dit sien[1] | er, sie, es sieht | hij, zij, het ziet | he, she, it sees |
ons sien[1] | wir sehen | wij, we zien | we see |
julle sien[1] | ihr seht | jullie zien | you see |
hulle sien[1] | sie/Sie sehen | zij, ze zien | they see |
By die onvoltooide teenwoordige tyd word "Ek sien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek word gesien" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Präsens, Onvoltooide teenwoordige tyd, Simple present tense)van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek word gesien[1] | ich werde gesehen | ik word gezien | I am seen |
jy word gesien[1] | du wirst gesehen | jij, je wordt gezien | you are seen |
hy, sy, dit word gesien[1] | er/sie wird gesehen | hij, zij, het wordt gezien | he, she, it is seen |
ons word gesien[1] | wir werden gesehen | wij worden gezien | we are seen |
julle word gesien[1] | ihr werdet gesehen | jullie worden gezien | you are seen |
hulle word gesien[1] | sie/Sie werden gesehen | zij worden gezien | they are seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek word gesien[1] | ich werde gesehen | ik word gezien | I am seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek is gesien | ich bin gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy word gesien[1] | du wirst gesehen | jij, je wordt gezien | you are seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy is gesien | du bist gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit word gesien[1] | er, sie, es wird gesehen | hij, zij, het wordt gezien | he, she, it is seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit is gesien | er, sie, es ist gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons word gesien[1] | wir werden gesehen | wij worden gezien | we are seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons is gesien | wir sind gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle word gesien[1] | ihr werdet gesehen | jullie worden gezien | you are seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle is gesien | ihr seid gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle word gesien[1] | sie, Sie werden gesehen | zij worden gezien | they are seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle is gesien | sie, Sie sind gesehen | - | - |
Voltooide teenwoordige tyd
wysigDie Duitse Perfekt, omskryf as vollendete Gegenwart (Praesens perfectum), word hier gebruik. In party Duitse dialekte aan die Suide word hierdie Perfekt gebruik as plaasvervanger vir die Präteritum.
In Bedrywende/Aktiewe vorm (Perfekt, Voltooide teenwoordige tyd, Present prefect tense) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek het gesien[1] | ich habe gesehen | ik heb gezien | I have seen |
jy het gesien[1] | du hast gesehen | jij, je hebt gezien | you have seen |
hy, sy, dit het gesien[1] | er/sie/es hat gesehen | hij, zij, het heeft gezien | he, she, it has seen |
ons het gesien[1] | wir haben gesehen | wij hebben gezien | we have seen |
julle het gesien[1] | ihr habt gesehen | jullie hebben gezien | you have seen |
hulle het gesien[1] | sie/Sie haben gesehen | zij hebben gezien | they have seen |
By die voltooide teenwoordige tyd word "Ek het gesien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek is gesien" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Perfekt, Voltooide teenwoordige tyd, Present prefect tense)van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek is gesien (geword)[1] | ich bin gesehen worden | ik ben gezien | I have been seen |
jy is gesien (geword)[1] | du bist gesehen worden | jij, je bent gezien | you have been seen |
hy, sy, dit is gesien (geword)[1] | er/sie/es ist gesehen worden | hij, zij, het is gezien | he, she, it has been seen |
ons is gesien (geword)[1] | wir sind gesehen worden | wij zijn gezien | we have been seen |
julle is gesien (geword)[1] | ihr seid gesehen worden | jullie zijn gezien | you have been seen |
hulle is gesien (geword)[1] | sie/Sie sind gesehen worden | zij zijn gezien | they have been seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek is gesien (geword)[1] | ich bin gesehen worden | ik ben gezien | I have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek is gesien gewees | ich bin gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy is gesien (geword)[1] | du bist gesehen worden | jij, je bent gezien | you have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy is gesien gewees | du bist gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit is gesien (geword)[1] | er, sie, es ist gesehen worden | hij, zij, het is gezien | he, she, it has been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit is gesien gewees | er, sie, es ist gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons is gesien (geword)[1] | wir sind gesehen worden | wij zijn gezien | we have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons is gesien gewees | wir sind gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle is gesien (geword)[1] | ihr seid gesehen worden | jullie zijn gezien | you have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle is gesien gewees | ihr seid gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle is gesien (geword)[1] | sie, Sie sind gesehen worden | zij zijn gezien | they have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle is gesien gewees | sie, Sie sind gesehen gewesen | - | - |
Let wel:
- In sekere sinne word het bo is verkies, soos *dit is ontstaan uit... wat eerder dit het ontstaan uit... moet wees. Eersgenoemde voorbeeld word as 'n "deftige vorm" beskou.[4]
- is geword word soms ook as 'n "deftige vorm" beskou, maar as onafrikaans.[4]
Onvoltooide verlede tyd
wysigLet wel: Afrikaans beskik nie oor 'n preterium (onvoltooide verlede tyd) as boekvoorleestaal, soos byvoorbeeld in Nederlands nie: Hij keek (hy het gekyk) in stede van hij kijkt (hy kyk). Afrikaans maak meestal gebruik van die onvoltooide teenwoordige tyd in die verhaalhede:
Bv. Neville kyk na die groot gebou voor hom. (uit: Geheime Dossiere 3:Sieners, 1999, Michael Green, Perskor, bl. 185)
In party Suid-Duitse dialekte word die perfektum (sien "Voltooide teenwoordige tyd" bo) gebruik as plaasvervanger vir die Duitse preteritum.
In Bedrywende/Aktiewe vorm (Perfekt (Suid-Duitsers), Präteritum (Noord-Duitsers), Onvoltooide verlede tyd, Simple past tense) van sien
Afrikaans | Duits Perfekt vir Suid-Duitsers |
Duits Präteritum vir Noord-Duitsers |
Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
ek het gesien[1] | ich habe gesehen | ich sah | ik zag | I saw |
jy het gesien[1] | du hast gesehen | du sahst | jij, je zag | you saw |
hy, sy, dit het gesien[1] | er/sie/es hat gesehen | er/sie/es sah | hij, zij, het zag | he, she, it saw |
ons het gesien[1] | wir haben gesehen | wir sahen | wij zagen | we saw |
julle het gesien[1] | ihr habt gesehen | ihr saht | jullie zagen | you saw |
hulle het gesien[1] | sie/Sie haben gesehen | sie/Sie sahen | zij zagen | they saw |
By die onvoltooide verlede tyd word "Ek het gesien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek is gesien" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Perfekt (Suid-Duitsers), Präteritum (Noord-Duitsers), Onvoltooide verlede tyd, Simple past tense) van sien
Afrikaans | Duits Perfekt vir Suid-Duitsers |
Duits Präteritum vir Noord-Duitsers |
Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
ek is gesien (geword)[1] | ich bin gesehen worden | ich wurde gesehen | ik werd gezien | I was seen |
jy is gesien (geword)[1] | du bist gesehen worden | du wurdest gesehen | jij, je werd gezien | you were seen |
hy, sy, dit is gesien (geword)[1] | er/sie/es ist gesehen worden | er/sie/es wurde gesehen | hij, zij, het werd gezien | he, she, it was seen |
ons is gesien (geword)[1] | wir sind gesehen worden | wir wurden gesehen | wij werden gezien | we were seen |
julle is gesien (geword)[1] | ihr seid gesehen worden | ihr wurdet gesehen | jullie werden gezien | you were seen |
hulle is gesien (geword)[1] | sie/Sie sind gesehen worden | sie/Sie wurden gesehen | zij werden gezien | they were seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits Perfekt vir Suid-Duitsers |
Duits Präteritum vir Noord-Duitsers |
Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek is gesien (geword)[1] | ich bin gesehen worden | ich wurde gesehen | ik werd gezien | I was seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek is gesien gewees | ich bin gesehen gewesen | ich war gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy is gesien (geword)[1] | du bist gesehen worden | du wurdest gesehen | jij, je werd gezien | you were seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy is gesien gewees | du bist gesehen gewesen | du warst gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit is gesien (geword)[1] | er/sie/es ist gesehen worden | er/sie/es wurde gesehen | hij, zij, het werd gezien | he, she, it was seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit is gesien gewees | er/sie/es ist gesehen gewesen | er/sie/es war gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons is gesien (geword)[1] | wir sind gesehen worden | wir wurden gesehen | wij werden gezien | we were seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons is gesien gewees | wir sind gesehen gewesen | wir waren gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle is gesien (geword)[1] | ihr seid gesehen worden | ihr wurdet gesehen | jullie werden gezien | you are seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle is gesien gewees | ihr seid gesehen gewesen | ihr wart gesehen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle is gesien (geword)[1] | sie/Sie sind gesehen worden | sie/Sie wurden gesehen | zij werden gezien | they are seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle is gesien gewees | sie, Sie sind gesehen gewesen | sie waren gesehen | - | - |
Voltooide verlede tyd
wysigIn Bedrywende/Aktiewe vorm (Plusquamperfekt, Voltooide verlede tyd, Past Perfect) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek het gesien[1] | ich hatte gesehen | ik had gezien | I had seen |
jy het gesien[1] | du hattest gesehen | jij, je had gezien | you had seen |
hy, sy, dit het gesien[1] | er/sie hatte gesehen | hij, zij, het had gezien | he, she, it had seen |
ons het gesien[1] | wir hatten gesehen | wij hadden gezien | we had seen |
julle het gesien[1] | ihr hattet gesehen | jullie hadden gezien | you had seen |
hulle het gesien[1] | sie/Sie hatten gesehen | zij hadden gezien | they had seen |
By die voltooide verlede tyd word "Ek het gesien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek was gesien" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Plusquamperfekt, Voltooide verlede tyd, Past Perfect)van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek was gesien[1] | ich war gesehen worden | ik was gezien | I had been seen |
jy was gesien[1] | du warst gesehen worden | jij, je was gezien | you had been seen |
hy, sy, dit was gesien[1] | er/sie war gesehen worden | hij, zij, het was gezien | he, she, it had been seen |
ons was gesien[1] | wir waren gesehen worden | wij waren gezien | we had been seen |
julle was gesien[1] | ihr wart gesehen worden | jullie waren gezien | you had been seen |
hulle was gesien[1] | sie/Sie waren gesehen worden | zij waren gezien | they had been seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek was gesien[1] | ich war gesehen worden | ik was gezien | I had been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek was gesien gewees | ich war gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy was gesien[1] | du warst gesehen worden | jij, je was gezien | you had been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy was gesien gewees | du warst gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit was gesien[1] | er, sie, es war gesehen worden | hij, zij, het was gezien | he, she, it had been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit was gesien gewees | er, sie, es war gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons was gesien[1] | wir waren gesehen worden | wij waren gezien | we had been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons was gesien gewees | wir waren gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle was gesien[1] | ihr wart gesehen worden | jullie waren gezien | you had been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle was gesien gewees | ihr wart gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle was gesien[1] | sie, Sie waren gesehen worden | zij waren gezien | they had been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle was gesien gewees | sie, Sie waren gesehen gewesen | - | - |
Futur I, Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd, Simple Future tense
wysigIn Bedrywende/Aktiewe vorm (Futur I, Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd, Simple Future tense) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sal sien[1] | ich werde sehen | ik zal zien | I shall see |
jy sal sien[1] | du wirst sehen | jij, je zult/zal zien | you will see |
hy, sy, dit sal sien[1] | er/sie/es wird sehen | hij, zij, het zal zien | he, she, it will see |
ons sal sien[1] | wir werden sehen | wij zullen zien | we shall see |
julle sal sien[1] | ihr werdet sehen | jullie zullen zien | you will see |
hulle sal sien[1] | sie/Sie werden sehen | zij zullen zien | they will see |
Daar kan ook eenvoudig van die teenwoordige tyd gebruik gemaak word, sonder die sal, byvoorbeeld:
- Ek speel môre; Ek vlieg Donderdagaand; Ons eet later. - Môre speel ek / Donderdag vlieg ek / Later eet ons.
- Ek luister volgende keer na jou.
- Ek wil nie hê jy moet jou verder oor die saak bekommer nie. (dat jy jou verder oor die saak sal bekommer nie)
By die onvoltooide teenwoordige toekomende tyd word "Ek sal sien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek sal gesien word" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Futur I, Onvoltooide teenwoordige toekomende tyd, Simple Future tense) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sal gesien word[1] | ich werde gesehen werden | ik zal gezien worden | I shall be seen |
jy sal gesien word[1] | du wirst gesehen werden | jij, je zult gezien worden | you will be seen |
hy, sy, dit sal gesien word[1] | er/sie/es wird gesehen werden | hij, zij, het zal gezien worden | he, she, it will be seen |
ons sal gesien word[1] | wir werden gesehen werden | wij zullen gezien worden | we shall be seen |
julle sal gesien word[1] | ihr werdet gesehen werden | jullie zullen gezien worden | you will be seen |
hulle sal gesien word[1] | sie/Sie werden gesehen werden | zij zullen gezien worden | they will be seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek sal gesien word[1] | ich werde gesehen werden | ik zal gezien worden | I shall be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek sal gesien wees | ich werde gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy sal gesien word[1] | du wirst gesehen werden | jij, je zult gezien worden | you will be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy sal gesien wees | du wirst gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sal gesien word[1] | er, sie, es wird gesehen werden | hij, zij, het zal gezien worden | he, she, it will be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sal gesien wees | er, sie, es wird gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons sal gesien word[1] | wir werden gesehen werden | wij zullen gezien worden | we shall be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons sal gesien wees | wir werden gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle sal gesien word[1] | ihr werdet gesehen werden | jullie zullen gezien worden | you will be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle sal gesien wees | ihr werdet gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle sal gesien word[1] | sie, Sie werden gesehen werden | zij zullen gezien worden | they will be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle sal gesien wees | sie, Sie werden gesehen sein | - | - |
Futur II, Voltooide teenwoordige toekomende tyd, Future perfect tense
wysigIn Bedrywende/Aktiewe vorm (Futur II, Voltooide teenwoordige toekomende tyd, Future perfect tense) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sal gesien het[1] | ich werde gesehen haben | ik zal gezien hebben | I shall have seen |
jy sal gesien het[1] | du wirst gesehen haben | jij, je zal/zult gezien hebben | you will have seen |
hy, sy, dit sal gesien het[1] | er/sie/es wird gesehen haben | hij, zij, het zal gezien hebben | he, she, it will have seen |
ons sal gesien het[1] | wir werden gesehen haben | wij zullen gezien hebben | we shall have seen |
julle sal gesien het[1] | ihr werdet gesehen haben | jullie zullen gezien hebben | you will have seen |
hulle sal gesien het[1] | sie/Sie werden gesehen haben | zij zullen gezien hebben | they will have seen |
By die voltooide teenwoordige toekomende tyd word "Ek sal gesien het" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek sal gesien geword het" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Futur II, Voltooide teenwoordige toekomende tyd, Future perfect tense) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sal gesien geword het[1] | ich werde gesehen (worden) sein | ik zal gezien zijn | I shall have been seen |
jy sal gesien geword het[1] | du wirst gesehen (worden) sein | jij, je zult gezien zijn | you will have been seen |
hy, sy, dit sal gesien geword het[1] | er, sie, es wird gesehen (worden) sein | hij, zij, het zal gezien zijn | he, she, it will have been seen |
ons sal gesien geword het[1] | wir werden gesehen (worden) sein | wij zullen gezien zijn | we shall have been seen |
julle sal gesien geword het[1] | ihr werdet gesehen (worden) sein | jullie zullen gezien zijn | you will have been seen |
hulle sal gesien geword het[1] | sie, Sie werden gesehen (worden) sein | zij zullen gezien zijn | they will have been seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek sal gesien geword het[1] | ich werde gesehen worden sein | ik zal gezien zijn | I shall have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek sal gesien gewees het | ich werde gesehen gewesen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy sal gesien geword het[1] | du wirst gesehen worden sein | jij, je zult gezien zijn | you will have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy sal gesien gewees het | du wirst gesehen gewesen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sal gesien geword het[1] | er, sie, es wird gesehen worden sein | hij, zij, het zal gezien zijn | he, she, it will have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sal gesien gewees het | er, sie, es wird gesehen gewesen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons sal gesien geword het[1] | wir werden gesehen worden sein | wij zullen gezien zijn | we shall have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons sal gesien gewees het | wir werden gesehen gewesen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle sal gesien geword het[1] | ihr werdet gesehen worden sein | jullie zullen gezien zijn | you will have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle sal gesien gewees het | ihr werdet gesehen gewesen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle sal gesien geword het[1] | sie, Sie würden gesehen sein | zij zullen gezien zijn | they will have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle sal gesien gewees het | sie, Sie werden gesehen gewesen sein | - | - |
Onvoltooide verlede toekomende tyd
wysigVir Duits gebruik ons hier Konjunktiv II en Futur I.
In Bedrywende/Aktiewe vorm (Onvoltooide verlede toekomende tyd, Conditional present) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sou sien[1] | ich würde sehen | ik zou zien | I would see |
jy sou sien[1] | du würdest sehen | jij, je zou zien | you would see |
hy, sy, dit sou sien[1] | er/sie/es würde sehen | hij, zij, het zou zien | he, she, it would see |
ons sou sien[1] | wir würden sehen | wij zouden zien | we would see |
julle sou sien[1] | ihr würdet sehen | jullie zouden zien | you would see |
hulle sou sien[1] | sie/Sie würden sehen | zij zouden zien | they would see |
By die Onvoltooide verlede toekomende tyd word "Ek sou sien" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek sal gesien geword het" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Onvoltooide verlede toekomende tyd, Conditional present) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sou gesien word[1] | ich würde gesehen werden | ik zou gezien worden | I would be seen |
jy sou gesien word[1] | du würdest gesehen werden | jij, je zou gezien worden | you would be seen |
hy, sy, dit sou gesien word[1] | er/sie/es würde gesehen werden | hij, zij, het zou gezien worden | he, she, it would be seen |
ons sou gesien word[1] | wir würden gesehen werden | wij zouden gezien worden | we would be seen |
julle sou gesien word[1] | ihr würdet gesehen werden | jullie zouden gezien worden | you would be seen |
hulle sou gesien word[1] | sie/Sie würden gesehen werden | zij zouden gezien worden | they would be seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek sou gesien word[1] | ich würde gesehen werden | ik zou gezien worden | I would be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek sou gesien wees | ich würde gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy sou gesien word[1] | du würdest gesehen werden | jij, je zou gezien worden | you would be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy sou gesien wees | du würdest gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sou gesien word[1] | er/sie/es würde gesehen werden | hij, zij, het zou gezien worden | he, she, it would be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sou gesien wees | er/sie/es würde gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons sou gesien word[1] | wir würden gesehen werden | wij zouden gezien worden | we would be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons sou gesien wees | wir würden gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle sou gesien word[1] | ihr würdet gesehen werden | jullie zouden gezien worden | you would be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle sou gesien wees | ihr würdet gesehen sein | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle sou gesien word[1] | sie/Sie würden gesehen werden | zij zouden gezien worden | they would be seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle sou gesien wees | sie, Sie würden gesehen sein | - | - |
Voltooide verlede toekomende tyd
wysigDuits gebruik hier die Konjunktiv II in Plusquamperfekt.
In Bedrywende/Aktiewe vorm (Voltooide verlede toekomende tyd, Conditional perfect) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sou gesien het[1] | ich hätte gesehen | ik zou gezien hebben | I would have seen |
jy sou gesien het[1] | du hättest gesehen | jij, je zou gezien hebben | you would have seen |
hy, sy, dit sou gesien het[1] | er/sie/es hätte gesehen | hij, zij, het zou gezien hebben | he, she, it would have seen |
ons sou gesien het[1] | wir hätten gesehen | wij zouden gezien hebben | we would have seen |
julle sou gesien het[1] | ihr hättet gesehen | jullie zouden gezien hebben | you would have seen |
hulle sou gesien het[1] | sie/Sie hätten gesehen | zij zouden gezien hebben | they would have seen |
By die Voltooide verlede toekomende tyd word "Ek sou gesien het" in die bedrywende vorm (aktief) omgeskakel na "Ek sou gesien geword het" in die lydende vorm:
In Lydende/Passiewe vorm (Voltooide verlede toekomende tyd, Conditional perfect) van sien
Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|
ek sou gesien geword het[1] | ich wäre gesehen worden | ik zou gezien zijn | I would have been seen |
jy sou gesien geword het[1] | du wärest gesehen worden | jij, je zou gezien zijn | you would have been seen |
hy, sy, dit sou gesien geword het[1] | er/sie/es wäre gesehen worden | hij, zij, het zou gezien zijn | he, she, it would have been seen |
ons sou gesien geword het[1] | wir wären gesehen worden | wij zouden gezien zijn | we would have been seen |
julle sou gesien geword het[1] | ihr wäret gesehen worden | jullie zouden gezien zijn | you would have been seen |
hulle sou gesien geword het[1] | sie/Sie wären gesehen worden | zij zouden gezien zijn | they would have been seen |
Meer volledig:
Tipe passief | Afrikaans | Duits | Nederlands | Engels |
---|---|---|---|---|
Vorgangspassiv Indikativ |
ek sou gesien geword het[1] | ich wäre gesehen worden | ik zou gezien zijn | I would have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ek sou gesien gewees het | ich wäre gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
jy sou gesien geword het[1] | du wärest gesehen worden, du wärst gesehen worden |
jij, je zou gezien zijn | you would have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
jy sou gesien gewees het | du wärest gesehen gewesen, du wärst gesehen gewesen |
- | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sou gesien geword het[1] | er/sie/es wäre gesehen worden | hij, zij, het zou gezien zijn | he, she, it would have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hy, sy, dit sou gesien gewees het | er/sie/es wäre gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
ons sou gesien geword het[1] | wir wären gesehen worden | wij zouden gezien zijn | we would have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
ons sou gesien gewees het | wir wären gesehen gewesen | - | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
julle sou gesien geword het[1] | ihr wäret gesehen worden, ihr wärt gesehen worden |
jullie zouden gezien zijn | you would have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
julle sou gesien gewees het | ihr wäret gesehen gewesen, ihr wärt gesehen gewesen |
- | - |
Vorgangspassiv Indikativ |
hulle sou gesien geword het[1] | sie/Sie wären gesehen worden | zij zouden gezien zijn | they would have been seen |
Zustandspassiv Indikativ |
hulle sou gesien gewees het | sie/Sie wären gesehen gewesen | - | - |
- NOTA: Dit wil voorkom of sulke voorgestelde vertalings selde, indien ooit, in die volksmond opgang maak. Kyk byvoorbeeld na die volgende kommentaar:
- Die leeu sou ons opgevreet het, maar ons is vroegtydig deur ander toeriste gewaarsku,
in stede van die lydende vorm:
- Ons sou deur 'n leeu opgevreet geword het, maar ons is vroegtydig deur ander toeriste gewaarsku
- Oorspronklike plasing: Leeu sou ons opgevreet het maar ons was genadiglik gewaarsku deur ander toeriste 20 km voor ons sou stop.)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,000 1,001 1,002 1,003 1,004 1,005 1,006 1,007 1,008 1,009 1,010 1,011 1,012 1,013 1,014 1,015 1,016 1,017 1,018 1,019 1,020 1,021 1,022 1,023 1,024 1,025 1,026 1,027 1,028 1,029 1,030 1,031 1,032 1,033 1,034 1,035 1,036 1,037 1,038 1,039 1,040 1,041 1,042 1,043 1,044 1,045 1,046 1,047 1,048 1,049 1,050 1,051 1,052 1,053 1,054 1,055 1,056 1,057 1,058 1,059 1,060 1,061 1,062 1,063 1,064 1,065 1,066 1,067 1,068 1,069 1,070 1,071 1,072 1,073 1,074 1,075 1,076 1,077 1,078 1,079 1,080 1,081 1,082 1,083 1,084 1,085 1,086 1,087 1,088 1,089 1,090 1,091 1,092 1,093 1,094 1,095 1,096 1,097 1,098 1,099 1,100 1,101 1,102 1,103 1,104 1,105 1,106 1,107 1,108 1,109 1,110 1,111 1,112 1,113 1,114 1,115 1,116 1,117 1,118 1,119 1,120 1,121 1,122 1,123 1,124 1,125 1,126 1,127 1,128 1,129 1,130 1,131 1,132 1,133 1,134 1,135 1,136 1,137 1,138 1,139 1,140 1,141 1,142 1,143 1,144 1,145 1,146 1,147 1,148 1,149 1,150 1,151 1,152 Potgieter, D.J. 1942. Juta se Nuwe Afrikaanse Grammatika vir Middelbare Skole. Kaapstad: Juta en Kie, bl. 149 (Gebaseer op "Vervoeging van Werkwoord Kies"-tabel).
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Aangepas uit: Burgers, M.P.O. 1957. Teach youself Afrikaans. London: The English University Press, bl. 118-119.
- ↑ Potgieter, D.J. 1942. Juta se Nuwe Afrikaanse Grammatika vir Middelbare Skole. Kaapstad: Juta en Kie, bl. 147
- ↑ 4,0 4,1 Van der Merwe, H.J.J.M.. 1970. Die korrekte woord. Pretoria: Van Schaik-uitgewers, bl. 140: 1. dit is ontstaan uit... is 'n "deftige" vorm wat tog nie meer in Afrikaans gebruik word nie; dit moet wees: dit het ontstaan uit … Moontlik word hierdie gebruik onder Nieunederlandse/Duitse invloed aangewend (vergelyk Duits: er ist gekommen), maar hierdie ou verskil word nie in Afrikaans aangetref nie en geen natuurliksprekende Afrikaner sal dit nog laat hoor nie – dis dan ook meestal beperk tot die skryftaal.
2. Is geword: hulle dialektiese uitspraak is vermeng geword; dit moet lui: is vermeng x het vermeng. Hierdie oorbodige "geword" doen "deftig" aan en dis nie te verdedig nie. In die verband word dikwels beweer dat geword 'n ander, sterker betekenis daaraan verleen, maar hoekom nie het vermeng geraak nie? Of sê diegenes ook nog: die diere is almal geslag geword / die goed is gebruik geword? Nee, vermy dit; deur is geword het u taal nog nie Afrikaans geword nie!