Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/10 Junie
- 1836 – Die Franse fisikus André-Marie Ampère, wat as een van die hoofontdekkers van elektromagnetisme beskou word, sterf.
- 1898 – Tuone Udaina, die laaste spreker van die Romaanse taal Dalmaties, sterf toe hy op 'n landmyn trap.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen Frankryk en die Verenigde Koninkryk.
- 1967 – Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte.
- 1988 – Die Amerikaanse skrywer Louis L'Amour sterf.