Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 Julie
- 1645 – Tsaar Aleksei van Rusland begin sy ampstermyn as heerser van Rusland.
- 1904 – Gebore: Digter en Nobelpryswenner Pablo Neruda, in Parral, Chili.
- 1975 – São Tomé en Príncipe verklaar sy onafhanklikheid van Portugal.
- 1986 – 'n Oranje-optog lei tot onluste in Portadown, County Armagh in Noord-Ierland.
- 1993 – 'n Aardbewing aan die kus van Hokkaido, Japan, wat 7,8 op die Richterskaal registreer, veroorsaak 'n tsoenami met 202 sterfgevalle op die klein eiland Okushiri.