Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 Julie
- 100 v.C. – Gebore: Romeinse generaal en staatsman Julius Caesar.
- 1950 – Die Nasionale Party onder D.F. Malan voer die Groepsgebiedewet deur die Suid-Afrikaanse parlement - soos die Bevolkingsregistrasiewet, 'n sleutelwet van Apartheid.
- 1954 – Die Meksikaanse skilder Frida Kahlo sterf op 47-jarige ouderdom aan 'n longembolisme.
- 1980 – Sir Seretse Khama, die eerste president van Botswana, sterf aan kanker van die pankreas.
- 2014 – Duitsland wen die 20ste Sokker-Wêreldbekertoernooi in Brasilië, die eerste keer in 24 jaar, nadat hulle Argentinië in die eindstryd met 1–0 klop.