Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/14 Julie
14 Julie: Bastilledag in Frankryk (1789; Festino di Santa Rosalia Palermo, Italië
- 1789 – Die Franse Rewolusie begin met die bestorming van die gevangenis Bastille in Parys.
- 1867 – Die eerste demonstrasie van dinamiet deur Alfred Nobel.
- 1904 – Die president van die ZAR Paul Kruger sterf op 78-jarige ouderdom in Clarens in Switserland.
- 1958 – Irakse rewolusie: Koning Faisal II word deur Arabiese nasionaliste tot 'n val gebring en Abdul Karim Kassem word die land se nuwe leier.
- 1990 – Die Inkatha nasionale kulturele bevrydingsbewing, gestig in 1975, word hervorm tot die veelrassige Inkatha-Vryheidsparty (IVP) op 'n konferensie in Ulundi.