Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/23 Julie
23 Julie: Geboortedag van Haile Selassie (Rastafarianisme).
- 685 – Pous Johannes V volg pous Benedictus II op.
- 1164 – Keulen ontwikkel tot een van die belangrikste bedevaartsoorde in die Heilige Romeinse Ryk nadat die relieke van die Drie Wyse Manne uit die Ooste daarheen gebring is.
- 1853 – Die Voortrekkerleier Andries Pretorius sterf en sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, volg hom op as kommandant-generaal van die distrikte Potchefstroom en Rustenburg.
- 1892 – Gebore: Haile Selassie, keiser van Ethiopië en volgens aanhangers van Rastafarianisme die verpersoonliking van God.
- 1914 – Die Ultimatum van Oostenryk-Hongarye aan Serwië lei tot die begin van die Eerste Wêreldoorlog.