Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/28 Februarie
28 Februarie: Vredeherdenkingsdag in Republiek China (Taiwan).
- 364 – Valentinianus I word by Nicea, Bitinië, tot Romeinse keiser verkies deur amptenare van die Romeinse leër.
- 1784 – John Wesley, 'n predikant van die Anglikaanse Kerk, stig die eerste Metodiste-kerk.
- 1900 – Die Beleg van Ladysmith, wat op 2 November 1899 deur die Boere begin is, eindig.
- 1922 – Egipte word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1935 - Nylon, 'n sintetiese polimeer, word deur Wallace Carothers uitgevind.
- 1947 – Die 228-voorval in Taiwan: Burgerlike opstand in Taipei en Keelung word wreed onderdruk deur die Chinese Nasionalistiese leër.