Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/3 Februarie
3 Februarie: Setsubun in Japan
- 1488 – Bartolomeus Dias van Portugal seil om die Kaap die Goeie Hoop by die suidelike punt van Afrika en land in Mosselbaai.
- 1509 – Nadat hy die eerste Portugees geword het om tot by Bombaai te seil, voer Francisco de Almeida 'n vloot van 23 skepe aan in 'n deurslaggewende oorwinning oor die gesamentlike vloot van Arabiere, Egiptenare en Indiërs in die Seeslag van Diu, wat die begin van Portugese heerskappy oor die Indiese Oseaan inlui.
- 1815 – Die eerste kaasfabriek word in Switserland geopen.
- 1922 – Die Boeregeneraal, Minister van Landbou in die Oranjerivierkolonie en leiersfiguur in die Maritz-rebellie van 1914, Christiaan de Wet, sterf op die plaas Klipfontein naby Dewetsdorp, Vrystaat.
- 1996 – Die Afrikanasiesbeker eindig in Johannesburg nadat Suid-Afrika Tunisië met 2–0 klop en hul eerste titel inpalm.