Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/6 Junie
6 Junie: Nasionale Dag van Swede
- 1654 – Karl X volg sy niggie Christina op die Sweedse troon op.
- 1859 – Queensland word afgestig van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, Australië.
- 1944 – D-dag: Die Slag van Normandië begin met 155 000 Geallieerde soldate wat aan die kus van Normandië land in die grootste amfibiese krygsverrigting in die geskiedenis.
- 1982 – Oorlog breek in Libanon uit toe Israeliese magte die suide van die land binneval om ontslae te raak van militante van die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO).
- 1996 – Die Engelse nasionale rugbyspan ly hul grootste nederlaag tot nou: 0-76 teen Australië.