Willem de Zwijger (skip)

Nederlandse bark wat in 1863 naby Arniston vergaan het

Die Nederlandse bark Willem de Zwijger het in 1863 naby Arniston vergaan.

Die skip van 753 ton onder kapt. W.L. van den Dries was onderweg van Batavia na Nederland toe dit op 30 Maart by Marthapunt (34° 36′ 36″ suid, 20° 19′ 48″ oos) sonder enige lewensverlies vergaan. Aan boord was ook 190 blokke tin, 12 mortiere en karronades (‘n soort kanon), 2369 trommels met suiker, 450 bale tabak en 2917 bondels spaansriet. In 1978 is die vrag geberg. Die boegbeeld is in die skeepvaartmuseum in Bredasdorp.

Bibliografie

wysig