Wilna Snyman
Suid-Afrikaanse aktrise
Wilna Snyman (gebore 14 September 1935 in Kimberley) is ’n Suid-Afrikaanse aktrise en skryfster. Ná haar stryd teen borskanker tree sy ook gereeld op as motiveringspreker vir KANSA en ander organisasies. In 2006 publiseer sy haar outobiografie, genaamd Memoires.
Wilna Snyman | |
Geboorte | 14 September 1935 Kimberley, Kaapprovinsie |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
In 1984 ontvang Snyman die Erepenning vir Verhoogkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns terwyl Eghard van der Hoven in dieselfde jaar die Erepenning vir Toneelbevordering ontvang.
Snyman woon tans in 'n aftreeoord in Hermanus.
Filmografie
wysig- 1970: Hulda Versteegh MD, as dr. Hulda Versteegh
- 1972: Salomien
- 1976: Daar kom tant Alie (Fliek), as Elise le Grange
- 1976: Liefste Madelein, as Madelein
- 1976: Siener in die suburbs, as Ma
- 1977: Netnou hoor die kinders
- 1978: 'n Seder val in Waterkloof, as Sally
- 1984: Torn Allegiance, as Mev. Potgieter
- 1987: Liewe Hemel, Genis!, as Aletta
- 1989: Brutal Glory, as Ruth Selby
- 1993: Death in the Family, as Magdalene du Plessis
- 2000: 7de Laan, as Madel Terreblanche
- 2011: Hartland, as Ouma
Toekennings
wysig- 1984 Erepenning vir Verhoogkuns
- 2001 Nasionale Televisie en Video Assosiasie (NTVA) se Avanti-toekenning vir beste aktrise