Witkeelbyvreter
Die Witkeelbyvreter (Merops albicollis) is 'n byevreter en swerwer wat in die suide van die Sahara in Afrika broei. In die winter emigreer hulle na die reënwoude van Senegal tot Uganda. In Engels staan die voël bekend as die White-throated Bee-eater.
Witkeelbyvreter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. albicollis
|
Binomiale naam | |
Merops albicollis Vieillot, 1817
|
Identifikasie
wysigDie voël is 20 cm lank (32 cm met die middelstert ingesluit) en weeg 22 tot 30 gram. Die voël is skraal met die kop kenmerkend swart-en-wit gestreep. Die rug is blougroen en daar is 'n swart band om die bors. Die volwasse voël het lang middelstertvere terwyl die jong voëls se keel dofgelerig is en die rugkant 'n valer groen is. Die jong voëls het ook nie lang middelstertvere nie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7