Wolf Britz
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Wolf ("Wolfie") Britz is ’n Suid-Afrikaanse regisseur, ontwerper en bestuurder. Britz het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer en was vir 'n tyd die assistent-bestuurder van die H.B. Thom-teater.
Wolf Britz | |
Alias | Wolfie |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Regisseur, ontwerper, bestuurder |
As regisseur is hy verantwoordelik vir onder meer Smelt van Abraham de Vries (2012, verwerk deur Saartjie Botha), Audrey Blignault se Audrey (2008, met Coba-Maryn Wilsenach in die hoofrol en deur Saartjie Botha verwerk), en Jean Genet se Diensmeisies (2008, verwerk deur Wim Vorster). Hy staan ook Jaco Bouwer met Mike van Graan se Die Generaal by, en vir Mark Graham met Esther Vilar se Pous Johanna 11 (met Jana Cilliers in die hoofrol).[1]
Hy ontwerp ook dekor en beligting. Hy was byvoorbeeld vir die beligting van Die Seemeeu en Wie's Bang vir Virginia Woolf? (2015) verantwoordelik.[2]
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Profiel op ESAT, besoek op 24 April 2017