Wolnoje (Astrachan-oblast)
Wolnoje (Russies: Вольное) is 'n dorpie in Charabali-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Wolnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Seroglazowo, insluit
Wolnoje Вольное | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 47°08′21″N 47°38′39″O / 47.13917°N 47.64417°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Charabali |
Bevolking | |
• Totaal | 2 035 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416024 |
Die dorpie is in 1849 deur die Russiese en Oekraïense setlaars uit die huidige Woronezj-oblast gestig. Sy oorspronklike naam was Knjazjewo wat van die Russiese woord vir "prins" kom. Dit is in 1918 deur die Bolsjewiste na Wolnoje hernoem, waarvan die letterlike betekenis "vry" is.[1]
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Wolnoje 2 042 inwoners gehad. Etniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 1125 | 55,1% |
Kasakke | 817 | 40% |
Tsjetsjniërs | 24 | 1,2% |
Aware | 13 | 0,6% |
Oekraïners | 10 | 0,5% |
Armene | 9 | 0,4% |
Koreane | 8 | 0,4% |
Duitsers | 6 | 0,3% |
Tartare | 5 | 0,2% |
Turke | 5 | 0,2% |
Dargine | 4 | 0,2% |
Kalmikiërs | 4 | 0,2% |
Nogais | 4 | 0,2% |
Maris | 3 | 0,1% |
Onbekend | 5 | 0,2% |
Totaal | 2 042 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ "Историческая справка". Воленский сельсовет (in Russies). Besoek op 21 Julie 2023.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 21 Julie 2023.