Worcester diastella

plantspesie

Die Worcester diastella (Diastella parilis) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Breederiviervallei voor van die Elandskloof- tot die Slanghoekberge. Die struik groei regop, word 70 cm hoog en blom van Julie tot Januarie.

Worcester diastella
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
D. parilis
Binomiale naam
Diastella parilis
Salisb. ex Knight, (1809)

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei op die voorheuwels in sandsteengrond op hoogtes van 250- 500 m.

In Engels staan dit as die Worcester silkypuff bekend.

Bronne

wysig