Worcestertolbos

plantspesie

Die Worcestertolbos (Leucadendron flexuosum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Breederiviervallei naby Worcester. Die plant het 'n voorkomsgebied van 56 km² en daar is slegs een bevolking van tussen 400-500 plante. Die spesie word bedreig deur landbou aktiwiteite, indringerplante, oorbeweiding, die instandhouding van padskouers en 'n gebrek aan brandbestuur.

Worcestertolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. flexuosum
Binomiale naam
Leucadendron flexuosum
I.Williams, (1967)

Die struik word 2,5 m hoog en blom van April tot Mei. Die plant oorleef brande deur uitspruiting vanuit 'n ondergrondse wortelstok. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val uit die tol grond toe, wat deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein torre bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op waterryke vlaktes in diep, klipperige grond op 180-200 m.

In Engels staan dit as die Worcester Conebush bekend.

Galery

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig