Yangzhou
Yangzhou (Chinees: 扬州) is 'n stad in die Chinese provinsie Jiangsu met 'n bevolking van 4 459 760 in 2010. Die stad is geleë in die ooste van China naby die monding van die Yangtzerivier in die Oos-Chinese See. Yangzhou word deur Nanjing in die suidweste begrens en is aan die Keiserkanaal geleë.
Yangzhou 扬州 | |
---|---|
Stad | |
Die Vyfpawiljoenbrug in die Shouxi-meer. | |
Koördinate: 32°24′00″N 119°25′00″O / 32.40000°N 119.41667°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Jiangsu |
Regering | |
• Kommunistiese Party van China Sekretariskomitee | Xie Zhengyi (谢正义) |
• Burgemeester | Zhu Minyang (朱民阳) |
Oppervlak | |
• Stad | 6 678 km2 (2 578 vk. myl) |
• Metro | 2 310 km2 (890 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 4 459 760 |
• Digtheid | 670/km2 (1 700/vk. myl) |
• Metro | 2 146 980 |
• Metrodigtheid | 930/km2 (2 400/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Skakelkodes | 514 |
Webwerf | yangzhou.gov.cn |
Deur southandel oor die kanaal in die Middeleeue het die stad ryk en magtig geword, maar met die bou van spoorlyne het Yangzhou sy status as 'n belangrike handelstad verloor.