Yazoo
Yazoo was 'n Engelse musiekgroep van Basildon, Essex. Die groep is in 1982 gestig en het bestaan uit Alison Moyet en voormalige lid van Depeche Mode, Vince Clarke. Die groep het wêreldwyd sukses behaal, twee albums vrygestel en talle enkelsnittreffers gehad totdat hulle 18 maande later in 1983 opgebreek het as gevolg van verskille tussen die twee lede. Clarke het die groep Erasure gevorm, en Moyet het haar solo-loopbaan begin.[4] In 2008 het die groep weer bymekaargekom en 'n reeks konserte in Europa en die VSA opgevoer.[5] In 2011 tree Alison Moyet vir die laaste keer saam met Vince Clarke op by die Mute Short Circuit Musiekfees.[6]
Yazoo | |
---|---|
Yazoo tydens 'n optrede in Berlyn, 2008 | |
Agtergrondinligting | |
Ook bekend as | Yaz (Noord-Amerikaanse naam) Vin & Alf (groepname) Yazoo Reconnected (slegs 2008) |
Oorsprong | Basildon, Essex |
Genres | Synthpop,[1][2][3] new wave |
Jare aktief | 1981–1983, 2008 |
Etikette | Mute/EMI Records Sire/Reprise/Warner Bros. Records |
Assosiasies | Depeche Mode, The Assembly, Erasure, VCMG |
Webwerf | yazooinfo.com |
Gewese lede | Vince Clarke Alison Moyet |
Verwysings
wysig- ↑ Jeffries, David. "Yazoo – In Your Room" (in Engels). AllMusic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2019. Besoek op 26 Junie 2017.
- ↑ (en) Reynolds, Simon (2013). Energy Flash: A Journey Through Rave Music and Dance Culture. Faber and Faber. ISBN 978-0-571-28914-1.
- ↑ Schlosberg, Karen; Robbins, Ira; Zwirn, Michael. "Yazoo (Yaz)". Trouser Press (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2011. Besoek op 26 Junie 2017.
- ↑ "Yazoo Biography - 2008" (in Engels). yazooinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2018. Besoek op 27 Junie 2017.
- ↑ "2008 YYazoo Reconnected Tour, Vince Clarke & Alison Moyet" (in Engels). erasuregig.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 27 Junie 2017.
- ↑ Alison Moyet Interviewed: Only You - The Story & End Of Yazoo. thequietus.com. URL besoek op 2017-06-27.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Yazoo.
- (en) Amptelike webwerf