Depeche Mode (uitgespreek /dəˌpɛʃˈmoʊd/) is 'n musiekgroep wat in 1980 in Basildon, Essex (Engeland) gevorm is. Die oorspronklike lede was Dave Gahan op voorsang, Martin Gore op sintetiese klavier, kitaar, sang en as hoofliedjieskrywer ná 1981, Andrew Fletcher op sintetiese klavier, en Vince Clarke op sintetiese klavier en as hoofliedjieskrywer van 1980 — 1981. Vince Clarke het die groep in 1981, ná die vrystelling van die debuutalbum, verlaat en is deur Alan Wilder op leidende sintetiese klavier en produksie (1982 — 1995) vervang. Nadat Wilder ook die groep verlaat het, het Gahan, Gore en Fletcher die groep as 'n trio voortgesit.

Depeche Mode
Depeche Mode tydens 'n regstreekse uitvoering by die O2 Wireless-fees in 2006.
Agtergrondinligting
OorsprongBasildon, Essex (Engeland)
GenresSintetiese rock, New Wave, Rock, Alternative rock, Alternative dance, Pop, Industrial rock, Synthpop, Pop rock, Dance rock, Dance pop, Darkwave, Post punk, New romantic, Alternative pop
Jare aktief1980 — hede
EtiketteMute, Capitol Records, EMI, Sire, Reprise, Some Bizzare
AssosiasiesYazoo, Erasure, Recoil
Webwerfwww.depechemode.com
LedeDave Gahan
Martin Gore
Andrew Fletcher
Gewese ledeVince Clarke
Alan Wilder

In die New Wave-era is Depeche Mode een van die langste bestaande, suksesvolste en invloedrykste musiekgroepe. Die groep het al 45 snitte op die VK-enkelsnittrefferlys gehad, sowel as een nommereenalbum in die VSA en twee in die VK. Volgens EMI het Depeche Mode reeds meer as 75 miljoen albums wêreldwyd verkoop,[1] as breuk van 'n totale produksieverkoopsyfer van 100 miljoen.[2]

Diskografie

wysig

Verwysings

wysig