Yster(II)chloried
Yster(II)chloried is 'n verbinding van chloor met yster in sy oksidasietoestand van 2+. Dit is higroskopies.[2]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Yster(II)chloried |
IUSTC-naam | Yster(II)chloried |
Chemiese formule | FeCl2 |
Molêre massa | 126,75 g/mol[1] |
CAS-nommer | 7795-94-3[1] |
Voorkoms | Wit tot ligbruin poeier[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=359,3pm; c=1758pm[2] |
Ruimtegroep | R3m[3] |
Nommer | 160 |
Strukturbericht | C19 |
Smeltpunt | 667 °C[1] |
Kookpunt | 1026 °C [1] |
Digtheid | 3,16 [g/cm3][2] |
Oplosbaarheid | oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 450 [mg/kg][1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Komplekse chloroferraatione soos FeCl2−4 en Fe2Cl2−6 is uit oplossings bekend. Hulle het albei Fe2+-ione in tetraëdriese omringing. Die twee tetraëders in Fe2Cl2−6 deel ‘n rand.[4]
Strukture
wysigYster(II)chloried kristalliseer in die romboëdriese CdCl2-tipe struktuur.[3] Die het 'n gelaagde toebroodjiesstruktuur met yster in 'n oktaëder van chlooratome.
Die verbinding vorm 'n groen tetrahidraat FeCl2.4H2O wat 'n monokliniese struktuur het (a=591±3 b=717±3, c=844±4; beta=ll2 ° 10'±20'. (P21/c) Die struktuur bestaan uit effens verwringde oktaëders [Fe(H2O)4Cl2] [5]
Chemiese eienskappe
wysigYster(II)chloried kan verkry word deur reduksie van watervrye yster(III)chloried in 'n stroom droë waterstof by temperature 300-350 °C:[6]
Die stof kan deur sublimasie gesuiwer word in 'n stroom van droë HCl teen 700 °C, waar dit 'n dampdruk van 12 Torr het.[6]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "MSDS". Fisher.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "Iron(II) chloride". Matweb.
- ↑ 3,0 3,1 Richard O. MacLaren, N. W. Gregory (1954). "The Iron(II) Chloride-Iron(II) Bromide System". Journal of the American Chemical Society. 76 (22): 5874–5878. doi:10.1021/ja01651a101.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Dunbar, K.R. and Quillevéré, A (1993). "[Fe2Cl6]2−: A Discrete Form of Ferrous Chloride". Angew. Chem. Int. Ed. Engl. 32: 293–295. doi:10.1002/anie.199302931.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Penfold, B.R. Grigor, J.A. (1959). "The crystal structure of iron(II) chloride tetrahydrate". Acta Cryst. 12: 850–854. doi:10.1107/S0365110X59002456.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 6,0 6,1 H. Lux; Georg Bauer (1963). Handbook of preparative inorganic chemistry. New York; London: Academic press.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)