Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Front
Die Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Front (ZAKF, ook bekend as ZabFront of net as Zabalaza) is ‘n Suid-Afrikaanse anargistiese politieke organisasie, meestal gebaseer in Johannesburg. Dit is gestig op 1 Mei 2003 as die Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Federasie (ZabFed). Die woord “zabalaza” beteken “stryd” in Zoeloe en Xhosa.[1] Dit is die mees onlangse in 'n kort reël van anargistiese organisasies in Suid-Afrika wat terug strek na die vroeë 1990's.[2] Die ZAKF is geaffilieer met die Democratic Left Front (DLF), maar dit is nie 'n onkritiese lid nie, en dit het bande met ander anargistiese organisasies internasionaal deur die Anarkismo-netwerk.[3] Dit werk saam met twee ander organisasies, naamlik die Tokologo Anargistiese Kollektief en die Inkululeko Wits Anargistiese Kollektief.[4]
Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Front | |
ZAKF | |
Leier | Kollektiewe leierskap |
---|---|
Gestig | 2003 |
Ideologie | Anargisme platformisme especifismo |
Internasionale affiliasie | Anarkismo-netwerk |
Amptelike kleure | Rooi en Swart |
Webblad | http://zabalaza.net |
Verwysings
wysig- ↑ What is the ZACF, Zabalaza.net, 7 April 2013
- ↑ Anarchism in South Africa, Struggle Archives, 7 April 2013
- ↑ The Anarkismo Network, Zabalaza.net, 7 April 2013
- ↑ ANC wys sy ware kleure! Werkers Vermoor!, Zabalaza.net, 7 April 2013