Zhoukou
Zhoukou (Chinees: 周口) is 'n stad in die Chinese provinsie Henan met 'n bevolking van 8 953 172 in 2010.
Zhoukou 周口 | |
---|---|
Stad | |
Die Ying-rivier naby die binnestad van Zhoukou. | |
Koördinate: 33°38′00″N 114°38′00″O / 33.63333°N 114.63333°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Henan |
Regering | |
• Burgemeester | Yue Wenhai |
Oppervlak | |
• Totaal | 11 968 km2 (4 621 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 8 953 172 |
• Digtheid | 750/km2 (1 900/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Poskode | 466000 |
Skakelkodes | 394 |
Webwerf | zk.gov.cn |
Die stad is in die ooste van China, aan die Jialu- en die Ying-rivier geleë. Zhoukou grens in die suidooste aan Zhumadian, in die weste aan Xuchang en Luohe, in die noordweste aan Kaifeng en in die noordooste aan Sjangqiu.
Dit is een van die oudste stede in China en het 'n lang en ryk geskiedenis van meer as 4 000 jaar. Die naam van die stad is afgelei van Zhoujiakou, wat "Zhou se ferrie" beteken. Tydens die Ming-dinastie was Zhoukou 'n belangrike rivierhawe met verbindings tot die Geel- en die Yangtze-rivier.