Kaapse glasogie
(Aangestuur vanaf Zosterops capensis)
Die Kaapse glasogie (Zosterops virens) is 'n algemene spesie van standvoël wat in boomveld, woude, ruigtes, plantasies en tuine in Suider-Afrika voorkom. Die voël is 11 sentimeter groot en weeg 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cape white-eye.
Kaapse glasogie Kaapse witogie | |
---|---|
Die twee subspesies, naamlik Z. v. virens (bo) en Z. v. capensis (onder) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Z. virens
|
Binomiale naam | |
Zosterops virens | |
verspreiding[2][3]
Z. v. virens Z. v. capensis |
Die Gariepglasogie (Z. pallidus) is voorheen as dieselfde spesie as Z. virens beskou, maar word nou as 'n aparte spesie geag.
Taksonomie
wysigDaar is twee subspesies:
- Z. v. capensis – suidwestelike Suid-Afrika en Lesotho en aangrensende westelike KwaZulu-Natal
- Z. v. virens – oostelike en suidoostelike Botswana, oostelike en noordelike Suid-Afrika, en Eswatini en aangrensende suidwestelike Mosambiek
Die subspesies hibridiseer wanneer hulle in kontak met mekaar kom.
Ander name
wysigVan die streeksname vir die voël sluit in: meelogie, kersogie, ringogie en piet-la-pok.[4]
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
wysig- ↑ (en) IOC Master List Geargiveer 18 Mei 2020 op Wayback Machine
- ↑ Chittenden, H.; Allan, David; Weiersbye, Ingrid; et al. (2012). Roberts geographic variation of southern African birds. Kaapstad: JVBBF. pp. 196–197. ISBN 978-1-920602-00-0.
- ↑ Hockey, P.A.R.; Dean, W.R.J.; Ryan, P.G. (2005). Roberts Birds of Southern Africa (7de uitg.). Kaapstad: Trustees of the John Voelcker Bird Book Fund. pp. 822–823. ISBN 0-620-34053-3.
- ↑ Streek- en Volksname Geargiveer 7 November 2015 op Wayback Machine, besoek op 18 Oktober 2014
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaapse glasogie.