Die aasblom (Orbea variegata) is 'n plant wat in Suid-Afrika voorkom. Dit kom hoofsaaklik op kusvlaktes voor, vanaf Lambertsbaai in die noorde tot by die Kaapse Skiereiland in die suide, en oos tot by Humansdorp.

Orbea variegata
Stapelia variegata 1787.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
O. variegata
Binomiale naam
Orbea variegata
(L.) Haw.
Sinonieme
  • Stapelia variegata L.
  • Stisseria variegata (L.) Kuntze[1]

BeskrywingWysig

Die stingels is liggroen met purperige merke en is vierhoekig. Dit dra blomme van ongeveer 50 tot 80 mm, waarvan die basiskleur liggroengeel tot bottergeel is met rooierige pers tot bruinerige kolle. Die blomme het 5 breë blomblare en 'n prominente opgehewe sentrale skyf (annulus). Hierdie annulus is een van die karaktertrekke wat hierdie genus onderskei van die Stapelia-genus.[2]

FotogaleryWysig

VerwysingsWysig

  1. "Orbea variegata (L.) Haw". The Plant List (2013). Version 1.1 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 21 September 2016.
  2. "Orbea variegata, by Bruce Brethauer". Central Ohio Cactus and Succulent Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 29 Desember 2019.