Aboesir
Aboesir (Arabies: ابو صير) is ’n groot begrafnisterrein in Egipte wat gedien het as dodeakker vir die Antieke Egiptiese hoofstad Memphis. Dit is naby Kaïro geleë en is ook die naam van die dorp in die Nylvallei van waar die terrein sy naam kry.
Aboesir | ||
Neferirkare se piramide by Aboesir. | ||
Koördinate | 29°54′N 31°12′O / 29.900°N 31.200°O | |
Plaaslike naam | ابو صير | |
Land | Egipte | |
Soort | Dodeakker | |
Geskiedenis | ||
Tydperk | 5de Dinastie (Ou Ryk) | |
Uitgrawings | Sedert 1976 | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysing | 86 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Memphis and its Necropolis – the Pyramid Fields from Giza to Dahshur | |
* Naam soos op die Wêrelderfenislys † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Aboesir is net ’n klein deel van ’n groot gebied vol piramides wat strek van Giza tot by Dahsjoer en ook Saqqara insluit. Dit het gewild geraak onder die farao's van die 5de Dinastie nadat die terrein by Giza "vol" was van die enorme piramides en ander grafmonumente van die konings van die 4de Dinastie.
By Aboesir is die grootste voorrade papirusse nog uit die Ou Ryk, die Aboesir-papirusse, ook ontdek. Die eerste vonds was in die 19de eeu in die dodetempel van koning Neferirkare, en die tweede in die 20ste eeu in die komplekse van Neferefre en sy ma, koningin Chentkaoes II.
Die Tsjeggiese Instituut van Egiptologie in Praag doen sedert 1976 uitgrawings by Aboesir.
Dodeakker
wysigDaar is altesaam 14 piramides uit die 5de Dinastie op die terrein. Die gehalte van die bouwerk by Aboesir is heelwat swakker as dié uit die 4de Dinastie. Dit dui moontlik op ’n afname in die farao's se mag of ’n swakker ekonomie. Die piramides is kleiner en is van ’n swak gehalte kalksteen gebou. Almal is trappiramides, buiten dié van Neferirkare, die grootste een – daar word geglo dit is oorspronklik as ’n trappiramide ontwerp, maar later in ’n "ware" (of gladde) piramide verander deur die trappe op te vul.
Die grootste drie piramides is:
- Die Piramide van Neferirkare, die hoogste piramide op die terrein.
- Die Piramide van Nioeserre, wat die beste bewaar gebly het.
- Die Piramide van Sahoere, bekend vir sy pragtige reliëfwerke.
Vandalisme
wysigAboesir, Saqqara en Dahsjoer het groot skade gely tydens die Egiptiese onluste van 2011 deurdat grafte en pakkamers beroof is.[1][2] Rooftogte en die beskadiging van mummies het tot in 2013 voortgeduur met onder meer georganiseerde uitgrawings.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Egyptological Looting Database 2011". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2012. Besoek op 27 Julie 2014.
- ↑ "iDNES.cz" (in Tsjeggies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2011. Besoek op 27 Julie 2014.
- ↑ "No longer a sacred site, Al-Ahram". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2013. Besoek op 27 Julie 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aboesir.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia