Agulhas- Nasionale Park
Die Agulhas- Nasionale Park of Nasionale Park Agulhas is op die suidelikste punt in Afrika, by Kaap Agulhas, geleë. Twee kusdorpe, L'Agulhas en Struisbaai, is naby die park. Die park is een van die kleinstes in Suid-Afrika[1] en beslaan slegs die gedeeltes rondom Kaap Agulhas. Desnieteenstaande bied die park huisvesting aan 2 000 inheemse plantspesies, asook 'n vleiland wat beide voëls en amfibieë beskerm.[2]
Agulhas- Nasionale Park | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | L'Agulhas |
Koördinate: 34°50′0″S 20°0′0″O / 34.83333°S 20.00000°O | |
Oppervlak | 20 959 ha |
Openingsjaar | 14 September 1998 |
Bestuursliggaam | SANParke |
Webblad | Agulhas- Nasionale Park |
Die volgende besienswaardighede word in die park aangetref:
- Die suidelikste punt in Afrika: 34° 49’ 58" suid en 20° 00’ 12’’ oos. Dit is by hierdie punt waar die Indiese en Atlantiese Oseaan amptelik bymekaarkom.
- Die vuurtoring by Kaap Agulhas: dit is gebou om die eertydse ontdekkingsreisigers en handelskepe om die onstuimige see by Agulhas te laat verbyvaar. Die vuurtoring is die tweede oudste werkende vuurtoring in Suid-Afrika. 'n Unieke vuurtoringmuseum word binne aangetref.
- Skeepswrakke: verskeie skepe, onder meer De Zoetendal, HMS Birkenhead en HMS Arniston het by of naby Kaap Agulhas op die rotse geloop. Dele van hierdie wrakke is by Bredasdorp se Skeepswrakmuseum te sien.
- Fynbos: honderde soorte endemiese fynbos word hier aangetref.
- Walvisbesigtiging in seisoen – November tot Januarie.
- Diere ter besigtiging sluit in: Suidelike noorkapper, Swarttobie, Damarasterretjie en die Kaapse platanna.
- 'n Ryk visbank, genaamd die Agulhasbank.
Fotogalery
wysig-
Blommeprag
-
'n Suidelike noorkapper
-
Swarttobie
-
Damarasterretjie
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "Agulhas National Park: Park Management Plan 2009–2013" (PDF). Suid-Afrikaanse Nasionale Parke. 24 Februarie 2009. p. 9. Besoek op 13 Februarie 2010.
Eksterne skakels
wysig- Agulhas- Nasionale Park op Sanparke se webtuiste.