Akkedis (sterrebeeld)
Die Akkedis (Latyn: Lacerta) is een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is dof en klein en is in 1687 geskep. Die sterrebeeld is in die noordelike hemelruim te sien. Die noordelike deel lê in die Melkweg.
Akkedis | ||||
Latynse naam | Lacerta | |||
Genitief | Lacertae | |||
Afkorting | Lac | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22,5h | |||
Deklinasie | 45º | |||
Grootte | 201 vk. grade (68ste) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Alpha Lacertae | |||
Naaste ster | EV Lacertae | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 12 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 17 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Andromeda, Kassiopeia, Kefeus, Swaan, Vlieënde Perd | ||||
|
Ruimtevoorwerpe
wysigDie Akkedis is tipies van sterrebeelde in die Melkweg: geen helder sterrestelsels of bolvormige sterreswerms kom voor nie, maar wel oop swerms soos NGC 7243, die dowwe planetêre newelvlek IC 5271 en ’n hele aantal dubbelsterre.
Alpha Lacertae, die hoofster en ’n optiese dubbelster, het ’n oënskynbare helderheid van net 3,77 mag. Die sterrebeeld het geen sterre van helderder as 4 mag nie. Die veelster Roe 47 bestaan uit vyf komponente.
ADS 16402 is ’n dubbelster in die Akkedis met ’n besonderse planeet: Die digtheid is laer as dié van kurk.[1] Die planeet, HAT P-1, is omtrent so groot soos Jupiter.
Verwysings
wysig- Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Akkedis (sterrebeeld).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia