Alarik en Erik
Alarik en Erik was in die Noorse mitologie twee legendariese konings van Swede se Huis van Yngling wat saam regeer het. Hulle was die seuns van Agne, wat deur hulle opgevolg is.
Alarik en Erik | |
---|---|
Legendariese konings van Swede | |
Alarik en Erik slaan mekaar dood met hulle tooms.
| |
Voorganger | Agne |
Opvolgers | Yngvi en Alf |
Koningshuis | Huis van Yngling |
Vader | Agne |
Kinders van Alarik | Yngvi en Alf |
Volgens die Ynglinga saga was Alarik en Erik goed in oorlog én sport, maar veral goeie perderuiters. Hulle het met mekaar meegeding met hulle perde en bekwaamheid.
Eendag het die twee broers saam weggery en nie weer teruggekom nie. Hulle is gevind met hulle koppe ingeslaan, maar geen wapens buiten hulle perde se tooms nie. Daar is geglo hulle het gestry en mekaar met hulle tooms doodgeslaan. Hulle is opgevolg deur Alarik se seuns Yngvi en Alf.
In ander bronne sterf net Alarik.[1][2] Erik se dood is blykbaar 'n misverstand aan die kant van Snorri Sturluson. Alarik en Erik se verhaal word ook vertel in Ynglingatal, Íslendingabók en Historia Norwegiæ.
Verwysings
wysigSkakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Voorganger ← Agne |
Legendariese Sweedse konings | Opvolger Yngvi en Alf → |