Albertynshof
Albertynshof is 'n klein, sentrale voorstad van Kimberley, Noord-Kaap, suid van die Groot Gat, noord van New Park en noordoos van Kestellhof. Die dorpsgebied is gestig toe die destydse woonbuurt Newton (sedert 1945 bekend as New Park) se krotwonings "opgeruim" is en genoem na ds. Johannes Rudolph Albertyn (1878–1967), 'n predikant van onder meer die NG gemeente Kimberley, van 1936 tot 1949 algemene armesorgsekretaris van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk in Transvaal en van 1949 tot 1956 sekretaris van die Federale Armesorgraad, wat hy in 1933 gestig het.
Albertynshof | |
---|---|
Koördinate: 28°44′42″S 24°45′20″O / 28.74500°S 24.75556°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Sol Plaatje |
Hoofplek | Kimberley |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,47 km2 (0,18 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 505 |
• Digtheid | 1 074/km2 (2 780/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 59,6% |
• Indiërs/Asiërs | 2,2% |
• Bruin mense | 22,2% |
• Swart mense | 14,9% |
• Ander | 1,0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 72,1% |
• Engels | 18,4% |
• Xhosa | 3,6% |
• Tswana | 3,4% |
• Zoeloe | 1,4% |
Vir sensusdoeleindes beslaan Albertynshof 0,47 km². In 2011 was hier 505 inwoners, van wie amper 60 persent wit was, net meer as 22 persent bruin en amper 15 persent swart. In daardie jaar was 72 persent van die inwoners se huistaal Afrikaans en amper 18,5 persent Engels.[1]
Bron
wysig- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.