Borselaalwyn
(Aangestuur vanaf Aloe rupestris)
Die Borselaalwyn (Aloe rupestris) kom in die noorde van KwaZulu-Natal, Eswatini en die suide van Mosambiek voor. Die aalwyn word 4 tot 6 m hoog, alhowel sommige reeds 8 m bereik het, en word geklassifiseer as 'n boom met die FSA-nommer van 30.3.[1] Rupestris beteken: groei in rotsagtige plekke.
Borselaalwyn | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. rupestris
|
Binomiale naam | |
Aloe rupestris Baker, 1896
|
Die plant blom in die winter, aanvanklik is die blomme geel en verander later na diep-oranje. Die blomme lyk soos bottelborsels.
In Engels staan die aalwyn bekend as die bottlebrush aloe.