Haaskos
Haaskos (Anacampseros lanceolata (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan die westelike dele van Suid-Afrika. Dit word ook boesmansuring genoem, maar hierdie naam word gewoonlik vir die naverwante A. rufescens gebruik.[1] Die plant is as veilig gelys op die SANBI-rooilys.
Haaskos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. lanceolata
|
Binomiale naam | |
Anacampseros lanceolata (Haw.) Sweet
|
Verspreiding
wysigDie spesie het 'n uitgestrekte (maar smal) verspreiding in die westelike dele van Suid-Afrika, van die grens met Namibië (die Richtersveld), deur die Namakwaland en westelike Groot Karoo, af tot by die Worcester-area in die Robertson Karoo en van Bredasdorp tot by Uniondale.[2]
Identifikasie
wysigDie plantjie het 'n vertakte stam wat 8 cm lank kan word en tot 5 cm breed. Dit groei in rosetvorm en vorm klompe of grondbedekkende matte. Die plant het dik lansvormige blare wat 2,5 cm lank word met wit veselagtige hare daartussen. Die blomme is pienk-perserig.[3]
Sy sukkulensie-indeks is uiters hoog: 53,27.
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 4 September 2021.
- ↑ Succulent Flora of Southern Africa, Doreen Court,CRC Press, 2000, ISBN 9058093239, ISBN 9789058093233, bls. 47
- ↑ "llifle.com".
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir haaskos.