Annalise Bosch

Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur

Annalise Bosch is ’n Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur. Sy is bekend vir haar rol in prente soos Ouma se slim kind (2007), Agter elke man (1990) en Liewe Hemel, Genis![1]

Annalise Bosch
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Aktrise, regisseur
Rolprente Ouma se slim kind (2007)
Agter elke man (1990)
Liewe Hemel, Genis! (1986)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Haar loopbaan begin in 1976 by die destydse Sukovs. Bosch regisseer vir Lizz Meiring in Bizzie Lizzie, Elke ander duim ’n dame en Lippetaal, en vir Amanda Strydom in Volstoom. In die debuutproduksie van Wikus du Toit se Sing! het sy teenoor Kosie Smit en Dawid Boverhoff gespeel. Sy het die hoofrol in Gustav Kuhn se fliek, Ouma se slim kind, vertolk.

Sy was met die akteur en skilder At Botha getroud. Hulle seun, Pieter Bosch-Botha, was ook 'n akteur, regisseur en vervaardiger.

Filmografie

wysig

Rolprente

wysig

Televisiereekse

wysig
  • 1983: Koöperasiestories, as Myta
  • 1983: 1945, as Hester Fourie
  • 1984: Die Dood Van Elmien Adler
  • 2002: Ietermagô, Baby Blignaut
  • 2006: Uncle Max, as Laggende Ouma

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

wysig