Kimberleykoester
(Aangestuur vanaf Anthus pseudosimilis)
Die Kimberleykoester (Anthus pseudosimilis) is 'n klein voëltjie wat endemies is aan die savanne-grasvelde in Suid-Afrika en Namibië. Hierdie voëltjie is eers onlangs beskryf (2002).[1] In Engels staan die voël bekend as die Kimberley pipit.
Kimberleykoester | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. pseudosimilis
|
Binomiale naam | |
Anthus pseudosimilis Liversidge & Voelker, 2002
|
Identifikasie
wysigDie voël is 18 cm lank en weeg ongeveer 32 gram. Sy vere is hoofsaaklik bruin. Dit lyk baie soos die Nicholsonse koester; die kaakstreep en gesigsmerke is oor die algemeen donkerder en duideliker. Die wenkbroue is ook breër en meer opvallend.
Die kimberleykoester soek insekte op die grond. Dit is monogaam, en die wyfie lê 2 tot 3 blou eiers.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Liversidge & Voelker, Bull. B.O.C. 122(2): 93-109
Bronne
wysig- SA voëls
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Eksterne skakels
wysig- Avibirds[dooie skakel]