Antimima limbata
Plantspesie
Antimima limbata is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Langebaan tot by St. Helenabaai voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 560 km² en het reeds baie van sy habitat afgestaan aan indringerplante en gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies is gedefragmenteer en kom in geïsoleerde graniet rotsstapels voor.
Antimima limbata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Antimima |
Spesie: | A. limbata
|
Binomiale naam | |
Antimima limbata (N.E.Br.) H.E.K.Hartmann, (1998)
| |
Sinonieme | |
|