Anton Ackermann
Anton Ackermann (1911–1971) was 'n Afrikaanse akteur en die leier en regisseur van 'n reisende Suid-Afrikaanse toneelgeselskap.[1]
Anton Ackermann | |
Anton Ackermann in 1941, toe hy "Vergeet my nie" en "Die Verstoteling" opgevoer het.
| |
Geboorte | 19 November 1911 |
---|---|
Sterfte | 3 Januarie 1971 (op 59) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Ackermann sluit hom in die vroeë jare dertig by die toneelgeselskap van Wena Naudé en Willem van Zyl aan. Hy het later saam met Pikkie Uys 'n eie geselskap gestig. Hulle het as 'n gewilde toneel-egpaar in die laat jare dertig en vroeë jare veertig bekend geraak met stukke soos Wittebroodsdae, Die hand van die gereg (deur S. Ignatius Mocke) en Koop my blomme ('n verwerking van Pygmalion deur George Bernard Shaw en vertaal deur C.I.C. Uys).[2]
Filmografie
wysigAkteur:
- Ek sal opstaan, as Pieter Jansen, 1959 (as Anton Ackerman)
- Die Skerpioen, 1946
- Pantoffelregering, 1947
Regisseur:
- Pantoffel-regering, 1947
Skrywer:
- Pantoffel-regering, 1947
Bronne
wysig- (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Ackerman 30 j. gelede dood, Beeld, 3 Januarie 2001