Maak hoofkeuseskerm oop

Die Bosloerie (Apaloderma narina) is standvoël wat voorkom aan die ooskus en onmiddellike binneland vanaf Mosselbaai verby Mosambiek. Die voël kom ook voor langs die Zambezirivier tot by die Kaprivistrook. In Engels staan die voël bekend as die Narina Trogon.

Bosloerie
Narina Trogon (Apaloderma narina) (1).jpg
Volwasse mannetjie in die Oribi Gorge Natuurreservaat, Suid-Afrika.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. narina
Binomiale naam
Apaloderma narina
(Stephens, 1815)

VoorkomsWysig

Die mannetjie is heldergroen met 'n karmosyn pens, wasagtige geel snawel en turkoois groenerige kolle vel aan die gesig en keel. Die wyfie is valer met 'n rooibruin gesig met 'n gryser bors en dowwe karmosyn pens.

HabitatWysig

Die voël leef in woude, digte boomveld en ruigtes.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Apaloderma narina". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.