Arthur Ashe
Arthur Robert Ashe jr. (1943–1993) was 'n Amerikaanse tennisspeler. Hy het in 1969 professioneel begin speel en op 1975 die eerste swart man geword wat die mansenkelspeltitel op Wimbledon wen. Hy het drie Grand Slam-enkeltitels in sy loopbaan verower: die Amerikaanse Ope in 1968, die Australiese Ope in 1970 en Wimbledon in 1975. Hy het ook twee Grand Slam-dubbelspeltitels ingepalm: die Franse Ope in 1971 en die Australiese Ope in 1977.[3] Hy het in 1981 uitgetree.
Arthur Ashe op die ABN-wêreldtennistoernooi in 1975 in Rotterdam | ||
Volle naam | Arthur Robert Ashe jr. | |
---|---|---|
Land | Verenigde State | |
Woonplek | Richmond, Virginië | |
Geboortedatum | 10 Julie 1943 | |
Geboorteplek | Richmond, Virginië | |
Datum van sterfte | 6 Februarie 1993 (op 49) | |
Plek van sterfte | New York Stad, New York | |
Lengte | 1,86 m | |
Gewig | 73 kg | |
Begin professioneel | 1969 | |
Afgetree | 1981 | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou) | |
Loopbaan-wengeld | $2 584 909 | |
Int. Tennisheldesaal | 1985 (ledeblad) | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 634–209[1] | |
Loopbaantitels | 33 | |
Hoogste rang | No. 1 (1968)[2] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (1970) | |
Franse Ope | KE (1970, 1971) | |
Wimbledon | W (1975) | |
VSA-Ope | W (1968) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 323–176 | |
Loopbaantitels | 18 | |
Hoogste rang | No. 15 (30 Augustus 1977) | |
Australiese Ope | W (1977) | |
Franse Ope | W (1971) | |
Wimbledon | E (1971) | |
VSA-Ope | E (1968) |
Ashe is op 10 Julie 1943 in Richmond, Virginië in die Verenigde State van Amerika, gebore. Hy is op 6 Februarie 1993 dood ná 'n bloedoortapping met bloed wat met die vigsvirus besmet was.[4]
In 1985 is hy in die Internasionale Tennisheldesaal vereer. Op 20 Junie 1993 het pres. Bill Clinton die presidensiële medalje van vryheid postuum aan hom toegeken. Die Arthur Ashe-stadion in New York Stad is na hom genoem.
Grand Slam-rekord
wysigDie tabel toon Ashe se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA Ope |
---|---|---|---|---|
1959 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 1 |
1960 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 2 |
1961 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 2 |
1962 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 2 |
1963 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Ronde 3 |
1964 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Ronde 4 |
1965 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Halfeindstryd |
1966 | Eindstryd | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 |
1967 | Eindstryd | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
1968 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Halfeindstryd | Wenner |
1969 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Halfeindstryd | Halfeindstryd |
1970 | Wenner | Kwarteindstryd | Ronde 4 | Kwarteindstryd |
1971 | Eindstryd | Kwarteindstryd | Ronde 3 | Halfeindstryd |
1972 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Eindstryd |
1973 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 |
1974 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Ronde 3 | Kwarteindstryd |
1975 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Wenner | Ronde 4 |
1976 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Ronde 4 | Ronde 2 |
1977 | Kwarteindstryd | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
1978 | Halfeindstryd | Ronde 4 | Ronde 1 | Ronde 4 |
1979 | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Ronde 1 | Nie deelgeneem nie |
Verwysings
wysig- ↑ "Aurthur Ashe bio at ESPN" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016. Besoek op 12 September 2016.
- ↑ (en) ""American Netters Rated 10-1 Favorites"". Toledo Blade. 22 Desember 1968.
- ↑ ATP-statistiek
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arthur Ashe.